Ixia stricta is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Houw Hoek tot by Bredasdorp voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2 188 km². Die spesie het groot dele van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing, oorbeweiding, indringerplante en onbeheerde veldbrande. In die Houwhoek gebied en Groenlandberg het die aanplant van plantasies groot gedeeltes van die habitat verwoes. Die bedreigings bestaan nog.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika stricta