Ixia mostertii is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Wolseley tot by Worcester voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 82 km² in die Breederiviervallei en daar is tans drie sub populasies oor wat uit minder as 1 000 plante bestaan. Die spesie se habitat het met 20% verklein die afgelope 20 jaar weens ontwikkeling om Worcester en gewasverbouing in die Breederiviervallei. 'n Derde sub populasie het habitat verloor weens die ontwikkeling van 'n gholfbaan en casino.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika mostertii