thumb|230px|links|Ruïnes van die historiese dam van die voormalige Sabese hoofstad Ma'rib, nou in Jemen. thumb|120px|Die "Bronsman wat in Al-Baydā' (antieke Nashqum in Skeba) ontdek is, 6de-5de eeu v.C., Louvre. Die Sabeërs (Sabees: 𐩪𐩨𐩱, ; Arabies: ٱلسَّبَئِيُّوْن as-Sabaʾiyyūn; Hebreeus: סבאים) was ’n Arabiese volk van Suid-Arabië. Hulle het Sabees gepraat en die koninkryk Sabaʾ (Arabies: سَـبَـأ) gestig, wat vermoedelik die Bybelse land Skeba was, en "die oudste en belangrikste koninkryk van Suid-Arabië".

Geleerdes stem nie saam oor die datum waarop Sabaʾ gestig is nie. Kenneth Kitchen dateer die koninkryk met sy hoofstad, Maʼrib, tussen 1200 v.C. en 275 n.C.Kenneth A. Kitchen The World of "Ancient Arabia" Series. Documentation for Ancient Arabia. Part I. Chronological Framework and Historical Sources p.110 Israel Finkelstein en Neil Asher Silberman glo weer "die Sabese koninkryk het eers van die 8ste eeu v.C. af begin floreer en dat die verhaal van Salomo en die koningin van Skeba "’n anachronistiese 7de-eeuse skepping is". Die koninkryk het geval ná ’n lang, maar sporadiese burgeroorlog tussen verskeie Jemenitiese dinastieë wat aanspraak op die troon gemaak het.Javad Ali, The Articulate in the History of Arabs before Islam, Volume 2, p. 420 Die laat Koninkryk Himyar het as oorwinnaars uit dié stryd getree.

In godsdiensgeskrifte In die KoranDie Heilige Quran, in Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. IDM Publications Suid-Afrika, 2014] word van die Sabeërs gepraat as "Skeba"Koran 27:22 en 34:15 of "die volk/bewoners van Toebba".Koran 44:37 en 50:14 ("Toebba" was 'n titel vir die konings van Saba'). Skeba en Seba word verskeie kere in die Ou Testament genoem: in Job, Joël, Esegiël en Jesaja. In Job word gesê hulle het Job se vee gesteel en sy slawe doodgemaakJob 1:14-15 en in Jesaja word hulle beskryf as "groot mense".Jesaja 45:14

Verwysings

Skakels

Kategorie:Geskiedenis van Asië