Ixia parva is 'n meerjarige plant wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Matjiesfontein tot by Laingsburg voor. Die plant is redelik onbekend, sover bekend is daar drie subpopulasies binne 'n gebied van 22 km². Die plant word moontlik bedreig deur oorbeweiding.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika parva