Die geelkalossie (Ixia polystachya) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Olifantsriviervallei tot by die Kaapse Skiereiland en Caledon voor. Die plant word bedreig deur ontwikkeling en plantasies rondom Stellenbosch. In die Swartland, Breederiviervallei en rondom Caledon word die plant bedreig deur gewasverbouing.

Dit word ook geelkalossie, koringblom, koringblommetjie of witkalossie genoem.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika polystachya