Ixia pumilio is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Breederiviervallei, suid van Worcester voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is slegs een populasie, weerskante van die rivier op die banke. Die plant is eers in 1983 ontdek en weer bevestig in 2012. Daar word geskat dat die populasie uit minder as 200 plante bestaan. Die habitat word bedreig deur gewasverbouing en indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika pumilio