Prinses Lilibet van Sussex (op 4 Junie 2021 gebore as Lilibet Diana Mountbatten-Windsor) is die dogter van Prins Harry, Hertog van Sussex, en Meghan, Hertogin van Sussex. Sy is die kleinkind van koning Charles III en die sewende in lyn van die Britse troon.
Geboorte en familie Lilibet is op 4 Junie 2021 om 11:40 PDT (19:40 UTC ) in die Santa Barbara Cottage-hospitaal in Santa Barbara, Kalifornië, gebore. Sy is vernoem na haar oumagrootjie aan vaderskant, koningin Elizabeth II, wie se bynaam Lilibet was, en ouma aan vaderskant, Diana, Prinses van Wallis. Haar bynaam is "Lili".
Sy stam vaderlik af van die Britse koninklike familie en is afkomstig van gemengde rasse. Sy besit dubbele burgerskap van die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk.
Titel en opvolging Lilibet is die sewende aanspraakmaker op die Britse troon en die hoogste een wat buite Brittanje gebore is. As 'n agterkleinkind, eerder as 'n kleinkind, van 'n monarg was sy nie met haar geboorte geregtig op die titel "prinses" nie. Die dogter van 'n hertog is daarop geregtig om "lady" voor haar naam te gebruik, maar nes met haar broer was dit onwaarskynlik dat sy 'n titel sou gebruik, ten minste terwyl sy in Amerika woon.
Volgens 'n patentbrief van koning George V wat in 1917 uitgereik is (en steeds van krag is), is Mountbatten-Windsor geregtig om die titel "prinses" te gebruik ná haar oupa, koning Charles III, se troonbestyging op 8 September 2022. Die amptelike webtuiste van die koninklike familie is op 9 Maart 2023 bygewerk om na haar te verwys as "prinses Lilibet Diana van Sussex". Daar is berig enige titels sal in 'n formele opset gebruik word, maar nie elkedagse gesprekke nie.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Huis van Windsor Kategorie:Geboortes in 2021 Kategorie:Lewende mense