Katrina is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1969 vrygestel is. Die regisseur was Jans Rautenbach. Die draaiboek is geskryf deur Emil Nofal en Jans Rautenbach en die rolprent is gebaseer op die boek Try for white deur Basil Warner. Dit handel oor die lewe van bruin mense.
Genre Die rolprent is 'n romantiese drama. Dit het geen ouderdomsperk nie.
Hoofrolspelers Katinka Heyns as Alida Brink Jill Kirkland as Catherine Winters / Katrina September Don Leonard as Kimberley Cobus Rossouw as Adam September Joe Stewardson as vader Alex Trewellyn Carel Trichardt as mnr. Brink
Storie Katrina en haar seun, Paul, lyk en leef soos wit mense, maar is bruin. Paul, wat pas teruggekeer het van Engeland en 'n werk aangebied is as dokter by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad, weet nie dat hy bruin is nie. 'n Nuwe pastoor, Alec Trevellan, arriveer en raak verlief op Katrina. Hy het ook 'n donker verlede. Katrina se broer, Adam, waarsku beide Katrina en Alec om nie te trou nie. Hy nooi Alec om die dorpie te besoek waar Katrina grootgeword het.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels IMDB fliek databasis
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Romantiese rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente