Carike Keuzenkamp is 'n bekende Afrikaanse sangeres. Haar regte naam is Elizabeth Maria Magdalena van Zyl. Sy is op 3 Maart 1947 in Den Haag, Nederland gebore. Haar vader was Carel Keuzenkamp en haar moeder Rik Loomans. Op 13 Julie 1968 trou sy met Olaus van Zyl en hulle het een seun en twee dogters.
In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.Afrikaanse kunstenaars tops by Samas , Nuus24, besoek op 18 Maart 2010
Carike verkoop meer as 1,1 miljoen albums in haar loopbaan.
Musiek Carike is bekend vir liedjies soos Timothy, Byeboerwa, Hoeka Toeka en Dis 'n Land. Van haar kinderliedjies sluit in: Heidi en Daantjie Kat.
Diskografie Ateljee-albums
1968: The Charm Of Carike 1969: Carike Ontmoet Groep 2 1969: Almal Se Keuse 1969: Carike 1970: Gone Like The Wind 1971: Reëndruppeltjies 1973: Jy Kom Terug Na My 1979: Byeboerwa 1980: Carike 1983: Carike 1985: Carike 1987: Ek Sing 1988: Saam Met Jou 1989: Onthou Jy Nog... 1991: Stap Saam Met My 1994: Carike 1995: Timothy 1999: Net Een Soos Jy 2000: Seisoene Van Die Lewe 2003: Loop Saam 2009: Vriende & Legendes 2010: Carike & Vriende 2015: 5 Dekades van Carike 2018: Die Legendes van Afrikaanse Musiek: Carike Keuzenkamp
Kinderalbums
1976: Kraaines 1978: Barba Papa 1978: Heidi En Ander Kindertreffers 1979: Daantjie Kat 1981: Aai Aai Die Kraaines-Kraai 1984: Daar Kom Die Roomysman 1988: Favourite Nursery Songs 1988: Nakkie Die Nar 1989: Veilige Voetjies 1992: Carike In Smurfland 1997: Wouter Kabouter En Ander Treffers 2001: Carike In Kinderland 2002: Carike In Kinderland 2 2004: Carike In Kinderland 3 2006: Carike In Kinderland 4 2007: Carike En Ghoempie In Kinderland 5 2009: Carike En Ghoempie In Kinderland 6 2010: Carike En Ghoempie In Kinderland 7 2011: Carike En Ghoempie In Kinderland 8 2012: Carike En Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Bybelland 9 2013: Carike En Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 10 2015: Carike, Ghoempie En Ghoeghoe Se Vakansie 11
Samestellingalbums
1973: 25 Grootste Treffers 1981: Grootste Treffers 1983: Ons Eie Carike Keuzenkamp, Grootste Treffers 1990: Grootste Treffers 1996: Twintig Mooiste Melodieë 2002: Die Vroeë Jare 2004: My Treffers 2008: Afrikaanse Goue Stemme 2015: 5 Dekades Van Carike Keuzenkamp 2018: Die Legendes Van Afrikaanse Musiek
Christelike albums
1984: Die Blye Boodskaptrein 1984: Sing Geestelike Kinderliedjies 1987: Jeugsangbundelliedere (Carike, Jannie en ACapella) 1989: Jeugsangbundelliedere (Carike, Jannie en ACapella) 1989: Ek Is Naby (Carike en Jannie Pelzer) 1992: Hoe Groot Is U (Carike, Rina Hugo en Ge Korsten) 1993: Hoe Groot Is U 2 (Carike, Rina Hugo en Ge Korsten) 1998: Die Bybel Op Note 1998: Jeugsangbundelliedere (Carike, Jannie en ACapella) 2001: Kom Sing En Loof 2005: Hy's Die Een
Heropname albums
1995: Timothy 2009: Vriende & Legendes 2010: Carike En Vriende
Boksstelle
1995: Bles Bridges en Carike Keuzenkamp (Readers Digest) 2010: Diamante Versameling 1 - Timothy, 20 Mooiste Melodieë, Carike (1994) 2010: Diamante Versameling 2 - Wouter Kabouter En Ander Treffers, Kom Sing En Loof, Carike In Smurfland 2012: Carike Keuzenkamp En Vriende
Verskeie kunstenaars, samestellingalbums
1969: 25 Skittersterre 1977: Skittersterre Nr 3 1999: Afrikaanse volksliedjies
Filmografie TV Carike was die aanbieder van die SAUK se kinderprogram Kraaines.
Rolprente Carike het in 1967 in Jamie Uys se rolprent, Die Professor en die Prikkelpop gespeel. Sy het die treffer, Timothy, in hierdie rolprent gesing.
Carike was in die 1986-rolprent You Must Be Joking! te sien saam met bekendes soos Rina Hugo, Kallie Knoetze, Leon Schuster, Mike Schutte en Janine Pretorius.
Sy het ook haar verskyning in die rolprent Liefling in 2010 gemaak asook in die 2012 rolprent Pretville.
Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Verwysings
Eksterne skakels Carike Keyzenkamp op Who's Who Southern Africa
Carike Keuzenkampop Discogs Carike Keuzenkamp op 45 Worlds
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Lewende mense