Egoli: Plek van goud is 'n tweetalige (Engels en Afrikaans) sepie wat vanaf 6 April 1992 tot 31 Maart 2010 weeksdae om 18:00 op M-Net uitgesaai is. Die sepie is deur Franz Marx-produksies vervaardig en word as Suid-Afrika se langste vervolgverhaal met sowat 4 000 episodes beskryf.'Egoli' gaan nog gouer van kassie verdwyn, Die Burger, URL besoek op 9 Mei 2010. Dit het egter Maart 2010 tot 'n einde gekom as gevolg van dalende kykersgetalle en 'n tekort aan storielyne.

Die TV-sepie is met 'n fliek, Egoli: Afrikaners is plesierig, opgevolg wat op 16 Junie 2010 in teaters in Suid-Afrika begin draai het.Nog nie die laaste sien van Egoli nie! , Huisgenoot, URL besoek op 9 Mei 2010.

Akteurs Teen Augustus 2007 was slegs drie van die oorspronklike akteurs steeds deel van die reeks: Brümilda van Rensburg (Louwna) Christine Basson (Nora Roelofse Naudé) Shaleen Surtie-Richards (Nenna)

Gedurende dieselfde periode was die ander akteurs:

Anriette van Rooyen (Lizelle) Chanélle De Jager (Des) Chris Linford (Rex) Corine du Toit (Jane) Darren Kelfkens (Joe) Darryl Desmarais (Stephen) Ebi Halberstadt (Braam) Eckard Rabe (Chris) Ernst Eloff (Buks) Hannah Botha (Elsa) Hennie Smit (Bertie) Ivan Zimmermann (Koert) Mandi du Plooy (Lara) Marlon Roelofze (Shaun) Michelle Beling (Candy) Michelle Pienaar (Audrey) Paul Buckby (Dr. Adam) Stefan Ludik (Werner) Theunis Nel (Lukas) Christina Storm (Bienkie Naudé)

Gasakteurs van ander lande (buite Suid-Afrika) sluit in: Joan Collins (Catherine Sinclair) Richard Steinmetz (Jeff Hartman) James Horan Perry Stevens Jerry Springer Samantha Fox

Van die vorige akteurs sluit in:

Steve Hofmeyr Tobie Cronje David Vlok Gé Korsten Christel Smith Esta TerBlanche Cliff Simon Sarah Theron Cobus Visser Gys de Villiers Isadora Verwey Dorette Potgieter Adriana Falling Nicola Chapman Hermien Dommisse Eghard van der Hoven Louis van Niekerk Anette Engelbrecht Casper de Vries Corien Pelt Illse Roos

Verwysings

Eksterne skakels Egoli se webwerf IMDB bladsy TVSA's Egoli: Plek van Goud Mini-webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieprogramme