Kurt Darren (gebore Kurt Johan van Heerden; 19 Februarie 1970)Kurt en Dunay trou spoggerig , Die Burger, 9 Januarie 2010, besoek op 10 Januarie 2011. is 'n Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, TV-aanbieder, en akteur. Darren se debuutalbum, For Your Precious Love, is in 1995 vrygestel. In 2002 maak hy sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf met sy album Meisie Meisie.
Darren se musiek kan ook in Nederland en Vlaams België gehoor word, maar word meestal deur ander kunstenaars gesing. Sy liedjies "Staan op", "Meisie meisie", "Kaptein span die seile", "Af en af" en "Bloubergstrand se sonsak" (Nederlandse Vinzzent, Dromendans 2012) is voorbeelde hiervan.
In 2010 ontvang Darren twee SAMA-toekennings vir beste verkopers in die afdelings "true tone"-aflaaideuntjie vir "Kaptein" en vollengte-aflaaideuntjie vir "Af en af".Afrikaanse kunstenaars tops by Samas , Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.
Hy was vanaf 2006 tot 2011 die aanbieder van die gewilde TV-program Jukebox wat op kykNET en verskeie radiostasies gebeeldsend word.
Biografie Darren is in Pretoria gebore en matrikuleer aan die Hoërskool Lyttelton Manor. Sy pa was Afrikaanssprekend en sy ma Engelssprekend. Kurt het al van jongs af in musiek belang gestel en het op skool aan verskeie musiekblyspele deelgeneem.
Na matriek is Kurt weermag toe om sy basiese opleiding in Walvisbaai te doen. As lid van die weermag se vermaaklikheidsgroep toer hy vir 'n jaar saam met hulle boereorkes deur die land. Daarna werk hy as 'n wildbewaarder in die Krugerwildtuin en tree op as 'n toergids. Hy werk ook in die boubedryf voordat hy besluit om voltyds te begin sing.
Darren is op 8 Januarie 2011 met Dunay Nortjé in die eg verbind.Kurt span die seile met sy loslappie , Nuus24, besoek op 8 Januarie 2011.
Ongeluk Op 7 Julie 2013 is Darren ernstig beseer in 'n motorongeluk terwyl hy op pad terug huis toe was nadat hy 'n rugbywedstryd bygewoon het. Sy agent, Marnus Bisschoff, en sekretaresse is ook ernstig beseer. Almal is met 'n helikopter vervoer na die hospitaal, waar toetse getoon het dat Darren 11 gebreekte ribbes gehad het en ernstige beserings aan sy kop aangedoen het. Hy is na weke se behandeling uit die hospitaal ontslaan.Channel24: Kurt is walking again after crash Baie van sy geskeduleerde konserte moes gekanselleer word. Hy het later aktiewe lewe hervat met hergeskeduleerde konserte en 'n toer in die Verenigde State en Europa aan die begin van 2014.
Albums For Your Precious Love (1995) Kurt Darren (1997) Just When I Needed You Most (1998) Since I Found You (1999) Net Jy Alleen (2001) Meisie Meisie (2002) Sê Net Ja (2004) Staan Op (2004) Vat My, Maak My Joune (2005) Lekker Lekker (2006) Voorwaarts Mars (2007) Uit Die Diepte Van My Hart (2008) Smiling Back At Me (2009) Die Beste Medisyne (2009) So 'n Bek Kort Jam (2009) Met Liefde .. With Love, 20 Akoestiese liefdesliedjies, 2010 Oos Wes Tuis Bes, 2010 Kaptein Se Platinum Treffers, 2011 In Jou Oë, 2012 Seerower, 2014 Lied Vir Die Vrou, 2015 Sal Jy Met My Dans?, 2016 Laat Die Dansvloer Brand, 2017 #Partytjiedier, 2019
Filmografie
Susanna van Biljon, 2010 Liefling, 2010 Ek lief jou, 2011 (hoofrol as Dirk de Jong)
Verwysings
Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Eksterne skakels Kurt Darren se webwerf
Rus lekker, pa Koot , Rapport, 22 Desember 2012.
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Afrikaners