M-Net (oorspronklik 'n afkorting vir Elektroniese Media Netwerk) is 'n betaaltelevisiekanaal in Suid-Afrika wat in 1986 deur 'n konsortium van koerantmaatskappye (insluitend Naspers) tot stand gebring is.
In die vroeë 1990's is M-Net as 'n vaste kanaal by DStv (satelliettelevisie) gevoeg.
M-Net bestuur ook verskeie ander televisiekanale soos: SuperSport, M-Net Movies 1 en M-Net Movies 2, M-Net Series (komedie, realiteitsprogramme en drama), ActionX (aksiefilms en wetenskapsfiksie), K-World (kinderkanaal), Channel O (musiekkanaal), Go (teikengehoor: 14–23 jaar oud), KykNET, die Afrikaanse kanaal en die Afrikaanse musiekkanaal MK.
Sien ook DStv Multichoice
Eksterne skakels M-Net se amptelike webwerf
Kategorie:Afrikaanse televisiekanale Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiekanale