Al Debbo (1924–2011) was ’n legendariese akteur, komediant en sanger. Hy is bekend vir liedjies soos Sonbrilletjies, Hasie, Tantes van Nantes, Brakke van Turffontein en Bolandse nooientjie. Debbo het altesaam in twintig rolprente gespeel. Die eerste was Die kaskenades van dokter Kwak in 1948 en die laaste Oh Shucks I’m Gatvol in 2004.

Biografie Al Debbo se pa, Azar het in die vroeë 1900’s uit Libanon na Suid-Afrika geïmmigreer om te help om treinspore te bou. Hier het hy Al se ma, ook ’n Libanees, ontmoet en is hulle later getroud. Hulle het hulleself in Bloemfontein gevestig waar die Debbos jare lank winkeliers was, en Al is hier op 22 Junie 1924 gebore.Só onthou ons Al Debbo , Huisgenoot, 13 Julie 2011

Hy begin sy werkloopbaan as ’n ambagsman, maar begin later om voltyds te sing. In 1948 speel hy as akteur in sy eerste rolprent, Die kaskenades van dokter Kwak.

Hy is op 13 Julie 2011 op 87-jarige ouderdom oorlede in ’n hospitaal in Bloemfontein nadat hy drie weke tevore vir ligte longontsteking opgeneem is. Hy is ook vir hartversaking behandel.Al Debbo sterf, Nuus24, 13 Julie 2011.

Hy en sy vrou, Ansa het twee seuns gehad, Alec en Azar. Sy kinders uit sy eerste huwelik was Alvin, Margie, Melody, Bonnita en Diane.Debbo het gelewe om ander gelukkig te maak, 2011-7-21, Karen Ebersohn

Toekennings Al Debbo ontvang in 1999 ’n toekenning van die ATKV vir sy bydrae tot Afrikaanse vermaak. In 2005 ontvang hy ’n SAMA-toekenning vir lewenslange bydrae.Al Debbo is op 85 steeds op sy stukke en vol lewenslus , Die Burger, 22 Junie 2009.

Die SA Akademie se eeufeesmedalje is in 2009 tydens die eeufeesvierings aan hom toegeken as erkenning vir sy jarelange toewyding as kunstenaar wat oor dekades in Afrikaans opgetree het.akademie.org.za, besoek op 23 Augustus 2011

Musiekalbums Al Debbo het die volgende musiekalbums uitgereik:

Ek lewe nog (CDVILLA 101) Die Aftree-oord Hoera vir die Diereryk As Ek Maar Net Jodellied Nuuskierige Agie Dis Lekker by die See Ek Lewe Nog Bankrot Oempie Doempie Domkop Harteliefie Snork

Pieringoog Potpourri Al Debbo sê dankie (CAMELUSAL1 Carmelus Musiek) (2000) Hasie Tantes van Nantes Waar Is Jy? Pens & Pootjies Daar’s ’n Wind Wat Waai Saans as die Sterre Diki Diki Daai Daai Bolandse Nooi’ntjie Sonbrilletjies Brakke van Turffontein Die Trane die rol oor Bokkie Gebed met Jaques Botes (Koos du Plessis)

Rolprente Hy het altesaam 20 rolprente (van 1948 tot 2004) op sy kerfstok. Van sy rolprente sluit in:

Die kaskenades van Dr. Kwak (1948) Kom Saam, Vanaand (1949) Hier’s ons weer (1950) Alles sal regkom (1951) Altyd in My Drome (1952) Die avonture van Kammie Kamfer (1954) Dis Lekker om te Lewe (1957) Donker Afrika (1957) Fratse in die vloot (1958) Hou die Blink Kant Bo (1960) Boerboel de Wet (1960) Gevaarlike Spel (1962) Tom, Dirk en Herrie (1962) Die geheim van Onderplaas (1962) Die wonderwêreld van Kammie Kamfer (1964) Stadig oor die Klippe (1969) Pens en Pootjies (1974) Kniediep (1975) Haak Vrystaat (1976) Oh Shucks I’m Gatvol (2004)

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars Frederik Burgers, akteur wat gereeld saam met Debbo in rolprente te siene was.

Eksterne skakels Al Debbo (83) steeds op verhoë (Die Burger)

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse komediante Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2011 Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs