Patrick Beattie Mynhardt (12 Junie 1932, Bethulie, Vrystaat, Suid-Afrika - 25 Oktober 2007, Londen, Engeland) was 'n Suid-Afrikaanse film- en teaterakteur.
Hy het in meer as 150 verhoogproduksies in Suid-Afrika en Engeland opgetree, asook in 100 plaaslike en internasionale rolprente, TV-programme en 'n opera. Hy is in Londen oorlede waar hy in sy eenmanvertoning Boy from Bethulie in die Jermyn Street Theatre in die Weseinde opgetree het.
Vroeë lewe Mynhardt is in Bethulie in die Vrystaat gebore as die seun van Johannes Tobias Mynhardt en Elizabeth Beattie. Hy het aan die De La Salle-kollege in Oos-Londen gematrikuleer en drama aan die Rhodes-universiteit studeer voor hy in 1953 by die National Theatre Organisation aangesluit en deur Suid-Afrika getoer het. In 1954 het hy na Londen getrek om die Central School of Speech and Drama by te woon en teen die einde van 1960 het hy weer na Suid-Afrika teruggekeer.
In 1999 ontvang Mynhardt saam met Sandra Prinsloo die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Filmografie Films Vadertjie Langbeen, 1955 (Mynhardt se rolprentdebuut) The Hellions (rolprent), 1961 Diamond Walkers (rolprent), 1965 The Naked Prey (rolprent), 1966 Seven Against the Sun (rolprent), 1967 The Jackals (rolprent), 1967 Majuba: Heuwel van Duiwe, 1968 Vrolike Vrydag die 13de, 1969 Three Bullets for a Long Gun (rolprent), 1970 Jannie totsiens (rolprent), 1970 Z.E.B.R.A., 1971 as Charles Lester Die Voortrekkers (rolprent), 1973 Target of an Assassin, 1976 Forever Young, Forever Free (rolprent), 1976 Lew Diamants du président (rolprent), 1977 Scotty & Co. (rolprent), 1979 Zulu Dawn (rolprent), 1979 A Game for Vultures (rolprent), 1979 Pour tout l'or du Transvaal (rolprent), 1979 Gräset sjunger (rolprent), 1981 Torn Allegiance (rolprent), 1984 Broer Matie, 1984 Vyfster: Die Slot, 1985 as Pappa Skollie, 1984 as Pappa Scavengers (rolprent), 1988 The Emissary (rolprent), 1989 A Private Life (rolprent), 1989 Oddball Hall (rolprent), 1990 The Visual Bible: Matthew (rolprent), 1993 A Good Man in Africa (rolprent), 1994 Suburban Bliss (rolprent), 1996 Pride of Africa (rolprent), 1997 Operation Delta Force 2: Mayday (rolprent), 1998 Cold Stone Jug (rolprent), 2003 Stander, 2003
TV-programme Vyfster, 1984 (TV-reeks) as Pappa
Verwysings
Eksterne skakels
Patrick se amptelike webwerf Fifty years of Patrick Mynhardt Remembering Patrick Mynhardt Patrick Mynhardt, remembered fondly Final curtain for Patrick Mynhardt Actor Patrick Mynhardt dies Patrick Mynhardt passes away in London Patrick Mynhardt at Who's Who Patrick Mynhardt 'was Magic' Tributes pour in for actor Patrick Mynhardt South Africa says Hamba Kahle to 3 famous South Africans Lucky and Patrick: Tale of two friends
Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2007 Mynhardt, Patrick