Die storie van Klara Viljee is 'n Afrikaanse rolprent wat op 31 Januarie 1992 vrygestel is. Dit het R2 483 074 by die loket verdien. Die regisseur was Katinka Heyns.
Genre Die rolprent is 'n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel.
Hoofrolspelers Anna-Mart van der Merwe as Klara Viljee Gavin van den Berg as Pietman Willemse Regardt van den Bergh as Dawid die skoolhoof Trix Pienaar as Rose Lida Botha as Tant Mollie Johan Botha as Neels Wilma Stockenström as Miss Lizzie Sauer
Storie Die fliek speel af in die laat 1950's in 'n klein Suid-Kaapse vissersdorpie waar die hoofkarakter sukkel om haarself van haar verlede te bevry. Nadat sy haar pa en verloofde op die see verloor, besluit sy dat sy nooit weer die see wil sien nie, en bou haar huis agter 'n sandduin. Sy besluit ook om nooit weer vis te eet nie.
Verskeie jare later ontvang sy nuus wat veroorsaak dat sy die duin stukkie vir stukkie begin opgrawe en wegdra. Sy leer dat haar verloofde nog leef, maar na Kaapstad gevlug het nadat hy 'n plaaslike meisie swanger gemaak het. Die dorp se inwoners begin om hulle eie lewe te ondersoek en ondergaan sodoende 'n wonderlike vernuwing.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels IMDB fliek databasis
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente