Hideki Tojo (Japannees: 東條 英機 Tōjō Hideki; Tokio, 30 Desember 1884 - 23 Desember 1948, Tokio) was 'n Japannese militaris en politikus van die Tweede Wêreldoorlog.
Sy lewe tydens die Tweede Wêreldoorlog Tojo was 'n generaal in die Japannese weermag. In 1933 is hy tot generaal-majoor bevorder en word die hoof van die Kantoleër in Mantsjoekwo. In 1936 is hy tot luitenant-generaal bevorder. Tojo was één van die mense wat Japan in die oorlog betrokke gekry het. Hy was 'n aanhanger van die Groot-Japanse gedagte en het één Asië, gelei deur Japan, voorgestaan. Hy was die oorlogsminister tot 1941. In Oktober 1941 het hy soveel mag verkry nadat hy premier van Japan word, dat hy feitlik 'n diktator geword het.
As leier van Japan Hoewel Tojo aanvanklik met die Amerikaners wou onderhandel oor hul sanksies teen Japan na die bloedige oorlog met China, was hy wel 'n voorstander van die aanval op Pearl Harbor in Desember 1941. Tojo kon egter nie die absolute mag inpalm nie, en het in 1944 sy bedanking ingedien na verskeie nederlae.
Kategorie:Eerste Ministers van Japan Kategorie:Japannese militariste Kategorie:Japannese in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Diktators Kategorie:Generaals Kategorie:Oorlogsmisdadigers Kategorie:Tereggestelde mense Kategorie:Geboortes in 1884 Kategorie:Sterftes in 1948