Kokborok (Kókborok, Tripuri, Tipra) is 'n Tibeto-Birmaanse taal wat deur sowat 1 miljoen mense in Noordoos-Indië en Bangladesj gepraat word. Die naam is afgelei van kok ("verbaal") en borok ("volk" of "mense"). Kokborok word met die Bengaalse skrif, die Latynse alfabet of die oorspronklike Koloma-skrif geskryf. Dit vorm saam met Bengaals en Engels die amptelike tale van die Indiese deelstate Tripura en Wes-Bengale. Daarbenewens word Kokborok in die aangrensende Indiese deelstaat Mizoram gepraat. Dit is verwant aan Bodo, een van die amptelike tale van die Indiese deelstaat Assam, en aan Garo, wat geen amptelike status geniet nie.

Verwysings

Kategorie:Assam Kategorie:Tale van Bangladesj Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Tibeto-Birmaanse tale Kategorie:Tripura Kategorie:Wes-Bengale