Khasi (Ka Ktien Khasi, ক ক্ত্যেন খসি, [ka kt̪eːn kʰasi]) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 1 miljoen mense in Oos-Indië en Bangladesj gepraat word. Khasi word óf met die Latynse alfabet óf die Bengaalse skrif geskryf.
Khasi is een van die mees gesproke Austro-Asiatiese tale en een van die belangrikste van dié taalfamilie in Suid-Asië. Dit is verwant aan Khmer en Viëtnamees, die amptelike tale van onderskeidelik Kambodja en Viëtnam. Daarbenewens word Khasi in die Indiese deelstate Assam en Meghalaya gepraat.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Assam Kategorie:Austro-Asiatiese tale Kategorie:Tale van Bangladesj Kategorie:Tale van Indië