Sandveld-natuurreservaat is 'n beskermde gebied in die Vrystaat, Suid-Afrika.Sandveld-natuurreservaat
Ligging Dit is aan die Vrystaatse kant van die Bloemhofdam geleë. Die Bloemhofdam lê waar die Vaalrivier en die Vetrivier mekaar ontmoet op die grens tussen die Vrystaat en Noordwes.
Die volle gebied rondom die dam is tot natuurreservaat verklaar. Aangesien dit op die grens tussen twee provinsies is, is twee afsonderlike reservate gestig. Aan die Vrystaatse kant is die Sandveld-natuurreservaat, terwyl die beskermde gebied aan die Noordweskant die Bloemhofdam-natuurreservaat heet.
Flora en fauna Die Sandveld-natuurreservaat is ongeveer 37 000 ha groot. Dit is so genoem weens sy sanderige sandveld gebied, hoewel deel van sy oppervlak bestaan uit doringveld-savanne met kameeldoringbome.Sandveld-natuurreservaat, Vrystaat
Onder die groot soogdiere wat in die reservaat voorkom, is die witrenoster, kameelperde, swartwitpense, bastergemsbokke, buffels, blouwildebeeste en sebras.
Verwysings
Kategorie:Natuurreservate in Vrystaat