Ho (𑢹𑣉𑣉 𑣎𑣋𑣜, हो जगर, ହୋ ଜଗର, hōō jagara, [hoː ʤɐgɐr]) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 1,4 miljoen mense in Oos-Indië gepraat word. Ho word amptelik met die Warang Citi-alfabet geskryf, terwyl soms ook Devanagari, die Latynse alfabet, die Odia-alfabet of die Telugu-alfabet gebruik word. Die naam "Ho" is afgelei van die inheemse woord "𑣙𑣉𑣉" ([hoː]) en beteken "mens".

duimnael|links|Die woord "hōō jagara" in die Warang Citi-alfabet Ho is een van die mees gesproke Austro-Asiatiese tale en een van die belangrikste van dié taalfamilie in Suid-Asië. Dit is verwant aan Moendari en Santali, al drie vorm die amptelike tale van die Indiese deelstaat Jharkhand. Daarbenewens word Ho in die Indiese deelstate Assam, Bihar, Chhattisgarh, Odisha en Wes-Bengale gepraat.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Assam Kategorie:Austro-Asiatiese tale Kategorie:Bihar Kategorie:Odisha Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Wes-Bengale