Die Wolkberg-wildernisgebied is 'n beskermde gebied in Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Dit is geleë in die Wolkberg, 'n subreeks van die Drakensberge ongeveer 14 km suidoos van Haenertsburg en 60 km oos van Polokwane. Die 2 127 m hoë Ysterkroon en die omliggende 22 000 ha is in 1977 tot 'n wildernisgebied verklaar.
Die kantoor, parkeerplek en kampeerterrein is by die Klipdraai-bosstasie geleë. Die park word deur die Mohlapitserivier, 'n sytak van die Olifantsrivier, deurkruis.The Olifants River System
Vele voëlsoorte het hul tuiste in hierdie beskermde gebied gevind, onder andere is daar die skaars vlermuisvalk, asook swartarende, kroonarende, hamerkoppe, pêrelborsswael en vele meer.
Sien ook
Wolkberg Beskermde gebiede van Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Limpopo Toerisme- en Parkeraadblad op Wolkberg Voetafdruk-stapklubverslag oor Wolkberg-wildernisgebied
Kategorie:Natuurreservate in Limpopo