7 Februarie is die 38ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 327 dae in die res van die jaar (328 in skrikkeljare).

Gebeure 457 – Leo I word keiser van die Bisantynse ryk. 1301 – Edward van Caernarvon (later koning Edward II van Engeland) word die eerste Prins van Wallis. 1550 – Pous Julius III volg Pous Paulus III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1613 – Mikhail Romanof word tsaar van Rusland. 1742 – Pous Benedictus XIV publiseer "Etsi mimine" waarin gestel word dat geloof alleen nie genoeg is vir saligwording nie. 1807 – Napoleon se Franse ryk begin teen die Russiese en Pruisiese magte van die Vierde koalisie veg in die slag van Eylau in Pole. 1882 – In Mississippistad, Mississippi, vind die laaste swaargewigbokskampioenskapgeveg plaas sonder handskoene. 1898 – Émile Zola word verhoor vir laster vir J’Accuse as deel van die Alfred Dreyfus-saak. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Vaalkrans eindig in ’n Boere-oorwinning. 1900 – Die Britse Arbeidersparty word gestig. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Nazi magte begin met ’n teenoffensief in Anzio in Italië. 1962 – Die regering van die VSA verban alle Kubaanse in- en uitvoere. 1964 – Die Beatles besoek die VSA vir die eerste keer. 1971 – Vroue kry stemreg in Switserland. 1974 – Grenada word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 1977 – Die Sowjetunie lanseer Soyuz 24. 1982 – Australië wen die derde Vrouekrieketwêreldbeker in Nieu-Seeland. 1984 – Ruimtevaarders Bruce McCandless II en Robert L. Stewart doen die eerste koordlose ruimtewandeling. 1986 – 28 jaar se eenfamilieregering eindig in Haïti toe president Jean-Claude Duvalier vlug. 1990 – Ineenstorting van die Sowjetunie: die sentrale komitee van die Sowjetkommunisteparty stem in om hul monopolie van beheer te laat vaar. 1991 – Haïti se eerste demokraties verkose president, Jean-Bertrand Aristide, word ingesweer. 1992 – Die Europese Unie word gevorm. 2003 – Laaste kontak na Pioneer 10 beantwoord.

Geboortes duimnael|regs|180px|Dr. Jan Schutte (1919–1999), Afrikaanse radio- en toneelfiguur. 1102 – Matilda van Engeland († 1167). 1478 – Thomas More, Engelse renaissance-humanis, juris, filosoof en staatsman († 1535). 1804 – John Deere, Amerikaanse grofsmid en uitvinder († 1886). 1812 – Charles Dickens, Britse skrywer († 1870). 1840 – Charles Warren, Walliese en Britse kryger († 1927). 1901 – Vivian Frederick Maynard FitzSimons, Suid-Afrikaanse herpetoloog († 1975) 1907 – Danie Bosman, Afrikaanse komponis van ligte liedjies († 1946). 1919 – Jan Schutte, Suid-Afrikaanse uitsaaier en skrywer († 1999). 1932 – Alfred Worden, Amerikaanse ruimtevaarder en ingenieur († 2020). 1934 – Rona Rupert, Afrikaanse kinderboekskrywer († 1995). 1942 – Gareth Hunt, Britse akteur († 2007). 1944 – Antoni Wit, Poolse dirigent. 1965 – Chris Rock, Amerikaanse komediant. 1985 – Wilhelm Steenkamp, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. 1990 – Keshav Maharaj, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler. 1996 – Pierre Gasly, Franse Formule Een-renjaer.

Sterftes 590 – Pous Pelagius II, die 63ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1652 – Gregorio Allegri, Romeinse komponis (* c. 1582). 1873 – Sheridan Le Fanu, Ierse joernalis en skrywer (* 1814). 1878 – Pous Pius IX, die 255ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1792). 1901 – Japie Hauptfleisch, Boere kryger (* 1875). 1942 – Roeland Anthonie Kollewijn, Nederlandse taalkundige (* 1857). 1942 – Iwan Bilibin, Russiese illustreerder en verhoogontwerper (* 1876). 1959 – Daniël François Malan, Suid-Afrikaanse politikus, apartheidsargitek, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1874). 1979 – Josef Mengele, Duitse Nazi-offisier (* 1911). 1999 – Hoessein bin Talal, koning van Jordanië (* 1935). 2019 – Albert Finney, Britse akteur (* 1936). 2020 – Li Wenliang, Chinese oogarts, eerste aktivis oor die uitbreek van die Wuhan-koronavirus 2019-20 (* 1986). 2023 – Louis van Niekerk, Afrikaanse verhoog-, rolprent- en TV-akteur en ’n teaterregisseur (* 1935). 2025 – Bruce French, Amerikaanse akteur (* 1945).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:Februarie