9 Februarie is die 40ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 325 dae in die res van die jaar (326 in skrikkeljare).
Gebeure 474 – Omdat die sewejarige Leo II as te jonk beskou om te regeer word sy vader Zeno gekroon as mede-keiser van die Bisantynse Ryk. 772 – Pous Adrianus I volg Pous Stefanus III op. 881 – Pous Johannes VIII kroon Karel die Dikke tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk. 1592 – Pous Clemens VIII word gekroon in die Sixtynse kapel. 1621 – Pous Gregorius XV volg Pous Paulus V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1849 – Rome word ’n republiek. 1869 – Die Groot Brand van Suid-Afrika breek uit. 1895 – Vlugbal word by ’n YMCA in Holyoke, Massachusetts uitgevind. 1930 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word kardinaal-staatsekretaris. 1943 – Tweede Wêreldoorlog: die Slag van Guadalcanal in die Solomoneilande eindig, wat aan die Geallieerde magte ’n sleuteloorwinning in die Stille Oseaanoorlog oor die Japannese vloot verskaf. 1950 – Rooigevaar: Senator Joseph McCarthy beskuldig die State Department van die VSA daarvan dat dit vol kommuniste is. 2003 – Die agtste Krieketwêreldbeker begin in Suid-Afrika, Kenia en Zimbabwe.
Geboortes 1773 – William Henry Harrison, negende President van die Verenigde State († 1841). 1884 – Carel Gerretson, Nederlandse skrywer, essayis, geskiedkundige en politikus († 1958). 1885 – Alban Berg, Oostenrykse komponis van die Tweede Weense Skool († 1935). 1895 – Fjodor Otsep, Russiese draaiboekskrywer en regisseur († 1949). 1909 – Carmen Miranda, Brasiliaanse sangeres († 1955). 1932 – Daan Bekker, Suid-Afrikaanse bokser († 2009). 1937 – Abraham H. de Vries, Afrikaanse skrywer († 2024). 1940 – J.M. Coetzee; Suid-Afrikaanse skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde († 2003). 1943 – Joe Pesci; Amerikaanse akteur. 1945 – Mia Farrow, Amerikaanse aktrise. 1952 – Johan Stemmet, liedjieskrywer, musiekkenner en televisieaanbieder. 1971 – Sharon Case, Amerikaanse aktrise van Beverly Hills. 1976 – Charlie Day, Amerikaanse akteur. 1996 – Jimmy Bennett, Amerikaanse akteur.
Sterftes 1881 – Fjodor Dostojefski, Russiese skrywer (* 1821). 1900 – George Labram, Amerikaanse ingenieur van die De Beers Consolidated Mines tydens die Beleg van Kimberley (* 1859). 1906 – Paul Laurence Dunbar, Amerikaanse skrywer (* 1872). 1941 – John Daniel Kestell, Suid-Afrikaanse Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier (* 1854). 1960 – Ernő Dohnányi, Hongaarse komponis, pianis en dirigent (* 1877). 1963 – Abdul Karim Kassem, Irakse militaris en politikus (* 1914). 1984 – Joeri Andropof, Sowjetpolitikus (* 1914). 1985 – Nic Potgieter, Afrikaanse skrywer (* 1906). 2002 – Prinses Margaret, Gravin van Snowdon, Britse koninklike (* 1930). 2014 – Gabriel Axel, Deense filmregisseur (* 1918). 2014 – Willie Marais, NG Kerk- predikant en skrywer (* 1929). 2021 – Chick Corea, Amerikaanse jazzmusikant, pianis, komponis en perkussiespeler (* 1941). 2022 – Sebastian Bieniek, Pools-Duitse filmregisseur, kunsskilder en fotograaf (* 1975).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:Februarie