11 Februarie is die 42ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 323 dae in die res van die jaar (324 in skrikkeljare).

Gebeure 731 – Pous Gregorius III verkies; eers op 18 Maart in die amp bevestig. 1160 – Die sinode van Pavia bevestig die verkiesing van Teenpous Victor IV (Octavianus). 1588 – Pous Sixtus V stig die 15 kongregasies (staatsdepartemente) van die Kurie. 1873 – Koning Amadeo I van Spanje abdikeer, verklaar by die Cortes Generales dat die Spanjaarde “onregeerbaar” is, en verlaat die land. 1919 – Friedrich Ebert word die eerste Reichspräsident van die Weimar Republiek. 1929 – Die eerste Lateraanse verdrag, wat die Vatikaanstad as ’n onafhanklike soewereine enklave binne Italië vestig, word onderteken. 1937 - Op Komatipoort word 360 mm reën binne 24 uur gemeet. Buitengewoon swaar reëns sak ook uit oor ander dele van Mpumalanga, asook Eswatini en die noorde van KwaZulu-Natal. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse Afrikakorps bereik die Libiese stad Tripoli. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse Vloot onderneem 'n deurbraak deur die Engelse kanaal (Unternehmen Zerberus) suksesvol, met drie slagkruisers en vele ander Duitse skepe en vegvliegtuie ter ondersteuning. 1963 – Die Beatles begin hulle eerste album, Please Please Me opneem. 1979 – Ajatolla Ruhollah Khomeini neem die bewind in Iran oor en word uiteindelik die Opperleier van die Islamietiese republiek. 1990 – Nelson Mandela word uit die Victor Verster-gevangenis in die Paarl buite Kaapstad vrygelaat.

Geboortes 1261 – Otto III, hertog van Beiere, koning van Hongarye († 1312). 1380 – Poggio Bracciolini, Italiaanse humanis van die renaissance († 1459). 1466 – Elizabeth van York, die vrou van Hendrik VII van Engeland († 1503). 1535 – Niccolò Sfondrati (later Pous Gregorius XIV), 229ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1591). 1567 – Honoré d’Urfé, Franse skrywer († 1625). 1637 – Friedrich Nicolaus Bruhns, Duitse komponis († 1718). 1643 – Wolfgang Christoph Truchsess von Waldburg, Duitse generaal-majoor († 1688). 1644 – Johann Fabricius, Duitse lutherse teoloog († 1729). 1657 – Bernard le Bovier de Fontenelle, Franse skrywer († 1757). 1675 – Johann Alexander Döderlein, Duitse historikus en protestantse teoloog († 1745). 1699 – Bertrand François Mahé de La Bourdonnais, Franse admiraal († 1753). 1711 – Johann Heumann von Teutschenbrunn, Duitse diplomaat en historikus († 1760). 1728 – Karl Eugen, Duitse hertog van Württemberg († 1793). 1764 – Marie-Joseph Chénier, Franse digter en dramaturg († 1811). 1764 – Carel Hendrik Verhuell, Nederlandse admiraal en diplomaat († 1845). 1776 – Karl Gottlieb Bretschneider, Duitse protestantse teoloog († 1848). 1776 – Ioannis Kapodistrias, eerste Griekse staatshoof na die onafhanklikheid van die Ottomaanse Ryk († 1831). 1780 – Karoline von Günderrode, Duitse digter († 1806). 1789 – Hermannus Bouman, Nederlandse protestantse teoloog († 1864). 1790 – Ignaz Assmayer, Oostenrykse komponis († 1862). 1791 – Louis Visconti, Franse argitek († 1853). 1792 – Johann Philipp Bronner, Duitse apteker en wynbou-pionier († 1864). 1800 – Josef Franz Karl Amrhyn, Switserse politikus († 1849). 1807 – Napoleon Orda, Poolse komponis, pianis en kunstenaar († 1883). 1807 – Karl Schmitz, Duitse koopman en burgemeester van die stad Mainz († 1882). 1809 – Karl Bodmer, Switserse skilder († 1893). 1839 – Josiah Willard Gibbs, Amerikaanse wetenskaplike († 1903). 1847 – Thomas Edison, Amerikaanse uitvinder († 1931). 1875 – Louise Willy, Franse kabaretkunstenaar, teater- en rolprentaktrise († 1940). 1882 – Valli Valli, Engelse aktrise († 1927). 1883 – Grete Berger, Duitse aktrise († 1944). 1887 – Johannes van Melle, Nederlandsgebore Afrikaanse skrywer van onder meer Bart Nel († 1953). 1896 – Jeremy Schulman, Suid-Afrikaanse violis en dirigent († 1969). 1896 – Curt von Gottberg, Duitse generaal van die Waffen-SS († 1945). 1919 – Eva Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise en sosiale vlinder († 1995). 1926 – Paul Bocuse, Franse sjef, gastronoom en skrywer van kookboeke († 2018). 1936 – Burt Reynolds, Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger († 2018). 1962 – Sheryl Crow, Amerikaanse musikant. 1967 – Hank Gathers, Amerikaanse basketbalspeler († 1990). 1969 – Jennifer Aniston, Amerikaanse akteur. 1986 – Gabriel Boric, Chileense sentrum-linkse politikus en verkose president. 1992 – Thomas Turgoose, Engelse akteur.

Sterftes 244 – Gordian III, Romeinse keiser (* 225). 641 – Herakleios, keiser van Bisantium (* ± 575). 731 – Pous Gregorius II, die 89ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 669). 821 – Benedikt van Aniane, Frankiese ab (* onbekend). 824 – Pous Paschalis I, die 98ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 867 – Theodora II, eggenoot van die Bisantynse keiser Theophilos (* 805) 1056 – Hermann II, Duitse aartsbiskop van Keulen (* onbekend). 1115 – Hoyer von Mansfeld, Duitse veldmaarskalk van keiser Heinrich V. (* onbekend). 1141 – Hugo von St. Viktor, Duitse teoloog en filosoof (* 1097). 1392 – Nikolaus von Meissen, Duitse biskop van Lübeck en Meissen (* onbekend). 1418 – Bogislaw VIII, hertog van Pommeranië (* 1364). 1484 – Georg von Baden, Duitse markgraaf van Baden en biskop van Metz (* 1433). 1503 – Elizabeth van York, die vrou van Hendrik VII van Engeland (* 1466). 1650 – René Descartes, Franse wysgeer, wiskundige en natuurwetenskaplike (* 1596). 1672 – Patriarg Joasaf II van Moskou, die sewende Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend). 1838 – Cornelius de Jong, Nederlandse seekaptein en skrywer (* 1762). 1868 – Léon Foucault, Franse fisikus (* 1819). 1946 – John Langalibalele Dube, 'n Suid-Afrikaanse essayis, filosoof, opvoedkundige, politikus, uitgewer, redakteur, skrywer en digter (* 1871). 1949 – Axel Munthe, Sweedsgebore geneesheer en psigiater, allerweë bekend as die skrywer van Die Dokter van San Michele (* 1857). 1963 – Sylvia Plath, 'n Amerikaanse digter, romanskrywer, en kortverhaalskrywer (* 1932). 1984 – Phil Nel, Suid-Afrika se agttiende Springbokkaptein (* 1902). 1986 – Frank Herbert, Amerikaanse wetenskapfiksieskrywer (* 1920). 2010 – Jim Janssen van Raaij, Nederlandse politikus (* 1932). 2012 – Whitney Houston, Amerikaanse sangeres (* 1963). 2020 – Joseph Shabalala, Suid-Afrikaanse sanger en stigter van Ladysmith Black Mambazo (* 1941). 2024 – Kelvin Kiptum, 'n Keniaanse langafstandhardloper (* 1999). 2026 – James van der Beek, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1977).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Feesdag van Pous Paschalis I in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Februarie