14 Februarie is die 45ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 320 dae in die res van die jaar (321 in skrikkeljare).
Gebeure 1014 – Pous Benedictus VIII kroon Hendrik II en sy vrou Kunigunde tot keiser en keiserin van die Heilige Romeinse Ryk. 1130 – Pous Innocentius II volg Pous Honorius II op. 1130 – Pietro Pierleoni word as Teenpous Anacletus II gekies teen Pous Innocentius II. 1515 – Giulio di Giuliano de' Medici (later Pous Clemens VII) word aartsbiskop van Narbonne. 1621 – Pous Gregorius XV word gekroon deur kardinaal Andrea Baroni Peretti Montalto. 1785 – Pous Pius VI stel 14 nuwe kardinale aan waaronder Gregorio Barnaba Chiaramonti, O.S.B.Cas., biskop van Imola, later Pous Pius VII. 1859 – Oregon word die 33ste deelstaat van die Verenigde State. 1876 – Elisha Gray en Alexander Graham Bell doen elkeen aansoek om 'n patent vir die telefoon. 1879 – Chileense magte beset die Boliviese hawe Antofagasta, en bring die Stille Oseaan Oorlog teweeg. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Pietershoogte begin. 1901 – Koning Edward VII open die Britse Parlement vir die eerste keer. 1912 – Arizona word die 48ste deelstaat van die Verenigde State. 1945 – Die RAF Bomkommandoment begin die strategiese bombardering van Dresden in Sakse, Duitsland, wat lei tot 'n noodlottige vuurstorm waarin 25,000 burgerlikes sterf. 1989 – 'n Fatwa word uitgevaardig vir die teregstelling van Salman Rushdie, die outeur van The Satanic Verses, 'n roman wat as "lasterlik teenoor Islam" beskou is. 1989 – Die eerste satelliet in die satellietkonstellasie van die GPS-stelsel word in 'n wentelbaan om die aarde geplaas. 1996 – Die sesde Krieketwêreldbeker begin in Indië, Pakistan en Sri Lanka. 2015 – Die elfde Krieketwêreldbeker begin in Australië en Nieu-Seeland. 2018 – Jacob Zuma bedank as President van Suid-Afrika.
Geboortes 1817 – Frederick Douglass, Amerikaanse sosiale hervormer, slawernyafskaffingsaktivis, redenaar, skrywer en staatsman († 1895). 1836 – Alexander Daneel, eerste predikant van die NG gemeente Heidelberg, Kaap († 1899). 1879 – Dr. Willem Petrus Steenkamp, Suid-Afrikaanse predikant, dokter en politikus († 1956). 1895 – Max Horkheimer, Duitse filosoof en sosioloog († 1973). 1948 – Ingrid Winterbach, Suid-Afrikaanse skrywer. 1952 – Anton Lesser, Engelse akteur. 1958 – André Swiegers, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. 1959 – Renée Fleming, Amerikaanse operasopraan. 1965 – Zinzan Brooke, voormalige Nieu-Seelandse rugbyspeler (agsteman). 1970 – Simon Pegg, Britse akteur. 1977 – Jim Jefferies, Australiese komediant, akteur en skrywer. 1992 – Freddie Highmore, Engelse akteur en skrywer. 1994 – Heidi Pitout, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
Sterftes 1400 – Richard II, koning van Engeland (* 1367). 1779 – James Cook, Britse ontdekkingsreisiger (* 1728). 1933 – Paul Louw, Afrikaanse predikant en digter (* 1890). 2013 – Reeva Steenkamp, Suid-Afrikaanse model (* 1983). 2018 – Ruud Lubbers, politikus en Eerste Minister van Nederland (* 1939). 2018 – Morgan Tsvangirai, Zimbabwiese politikus (* 1952). 2025 – Alice Hirson, Amerikaanse aktrise (* 1929).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Valentynsdag – wêreldwyd
Kategorie:Februarie