10 Februarie is die 41de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 324 dae in die res van die jaar (325 in skrikkeljare).
Gebeure 385 – Datum van die oudste pouslike dekreet wat behoue gebly het; geskryf deur Pous Siricius. 1258 – Hülegü Khan en die Mongole plunder Baghdad, en beëindig daarmee die heerskappy van die Abbasid-kalifaat. 1478 – Pous Sixtus IV stel 'n sesde familielid Domenico della Rovere aan as kardinaal. 1763 – Brittanje en Spanje verdeel Nieu-Frankryk by die Verdrag van Parys, en dien 'n groot slag toe aan die Franse koloniale ryk. 1798 – Die Franse generaal Berthier neem Pous Pius VI gevange. 1821 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word aartspriester van die basiliek S. Maria Maggiore. 1840 – Prins Albert van Sakse-Coburg-Gotha trou met Koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk. 1901 – Genl. Christiaan de Wet val die Kaapkolonie by Zanddrif naby Philippolis binne tydens die Tweede Vryheidsoorlog. 1908 – Altesaam 32 studente begin in die Kya Rosa in Skinnerstraat, Pretoria, klas draf by die destydse Transvaal Universiteit College, wat later as die Universiteit van Pretoria sou bekend staan. 1962 – Rudolf Abel, 'n Sowjet-spioen wat deur die Federal Bureau of Investigation gearresteer is, word geruil vir Gary Powers, die vlieënier van 'n Amerikaanse Lugmagspioenasievliegtuig wat deur Rusland in die U-2-voorval afgeskiet is. 1996 – Deep Blue, die skaakspelende rekenaar verslaan die Internasionale Grootmeester en Wêreldskaakkampioen Garry Kasparov vir die eerste keer in 'n skaakpot. 2026 – ‘n Massaskietery vind plaas in Tumbler Ridge, Brits-Columbië, Kanada, met 36 totale ongevalle (9 dood 27 beseer).
Geboortes 1853 – Leander Starr Jameson, gewilde Suid-Afrikaanse en Rhodesiese staatsman († 1917). 1872 – Johannes Hendrik Conradie, derde administrateur van die Kaapland na Uniewording († 1940). 1881 – Kenneth McArthur, Suid-Afrikaanse maratonatleet († 1960). 1883 – Edith Clarke, eerste vroulike elektriese ingenieur († 1959). 1898 – Bertolt Brecht, Duitser digter, dramaturg en regisseur († 1956). 1926 – Nico Carstens, Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier († 2016). 1926 – Győrgy Lehel, Hongaarse dirigent († 1989). 1930 – Robert Wagner, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger. 1937 – Roberta Flack, Amerikaanse sangeres († 2025). 1945 – Rosa Keet, Suid-Afrikaanse digter, skrywer en dramaturg. 1958 – Susan Smith, Afrikaanse digteres en akademikus. 1965 – Dana Winner, Belgiese sangeres. 1969 – Jan Kees de Jager, Nederlandse politikus. 1969 – James Small, Springbokrugbyspeler († 2019). 1994 – Justin Basson, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. 1997 – Chloë Grace Moretz, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 1669 – Johann Heinrich Waser, Switserse burgemeester van Zurich (* 1600). 1722 – Bartholomew Roberts, Walliese seerower wat rooftogte uitgevoer het op skepe aan die kus van die Amerikas en Wes-Afrika (* 1682) 1755 – Charles Montesquieu, Franse skrywer en filosoof (* 1689). 1782 – Friedrich Christoph Oetinger, Duitse protestantse teoloog en leidende Piëtis (* 1702). 1829 – Pous Leo XII, die 252ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1760). 1837 – Aleksander Poesjkin, Russiese romantieke skrywer wat beskou word as die grootste Russiese digter en die vader van moderne Russies (* 1799). 1852 – Samuel Prout, Engelse waterverfskilder (* 1783). 1912 – Joseph Lister, Engelse chirurg (* 1827). 1920 – Erwin Gross, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1870). 1923 – Wilhelm Conrad Röntgen, fisikus, wenner van die eerste Nobelprys vir Fisika 1901, (* 1845). 1932 – Edgar Wallace, Engelse skrywer (* 1875). 1939 – Pous Pius XI, die 259ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1857). 1999 – Anna Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1913). 2005 – Arthur Miller, Amerikaanse skrywer (* 1915). 2014 – Shirley Temple, Amerikaanse aktrise (* 1928). 2023 – Kiernan Jordan Forbes (AKA), Suid-Afrikaanse musiekkunstenaar en kletsrymer (* 1988). 2024 – Aletta Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1949).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Februarie