8 Februarie is die 39ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 326 dae in die res van die jaar (327 in skrikkeljare).
Gebeure 419 – Keiser Honorius belê ’n sinode in Ravenna. 1475 – Pous Sixtus IV stel die groot aflaat van Chaumont in. 1587 – Koningin Mary I van Skotland word tereggestel by Fotheringhaykasteel onder verdenking daarvan dat sy betrokke was by die Babington Sameswering om haar niggie Koningin Elizabeth I van Engeland te vermoor. 1730 – Pous Benedictus XIII stel Alamanno Salviati, apostoliese protonotarius aan as kardinaal. 1881 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Ingogo vind plaas. Boere onder kommandant Nicolaas Smith verslaan luitenant-kolonel Ashburnham. 1904 – Die Russies-Japanse Oorlog begin met ’n verrassingstorpedoaanval deur die Japannese op Russiese skepe naby hedendaagse Lüshunkou, China. 1916 – Die Universiteit van Fort Hare word in Alice in die huidige Oos-Kaap geopen. 1933 – Die Boeing 247 onderneem sy eerste vlug. 1971 – Handel begin op NASDAQ, die wêreld se eerste elektroniese effektebeurs. 1977 - Sewe Rooms-Katolieke sendelinge word vermoor by die Musami-sendingstasie in Rhodesië. 1979 – Kolonel Denis Sassou-Nguesso word verkies as die nuwe President van die Volksrepubliek van Kongo.
Geboortes 412 – Proclus, Griekse filosoof en wiskundige († 485). 1405 – Konstantyn XI Palaiologos, die laaste Bisantynse keiser († 1453). 1688 – Emanuel Swedenborg, Sweeds-Lutherse teoloog, wetenskaplike, filosoof en mistikus († 1772). 1798 – Groothertog Michail Pawlowitsj van Rusland, jongste van die 10 kinders van keiser Paul van Rusland († 1849). 1828 – Jules Verne, Franse skrywer († 1905). 1834 – Dmitri Mendelejef, Russiese chemikus († 1907). 1878 – Martin Buber, Oostenrykse-Israelies-Joodse godsdiensfilosoof († 1965). 1882 – Thomas Selfridge, eerste persoon wat gesterf het in 'n ongeluk met 'n kragaangedrewe vliegtuig († 1908). 1886 – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige († 1976). 1916 – Betty Field, Amerikaanse aktrise († 1973). 1925 – Jack Lemmon, Amerikaanse akteur († 2001). 1931 – James Dean, Amerikaanse akteur († 1955). 1942 – Tommy Bedford, Suid-Afrika se drie-en-dertigste Springbokkaptein. 1955 – John Grisham, Amerikaanse skrywer. 1959 – Steve Swart, politikus en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Afrika Christen Demokratiese Party. 1961 – Vince Neil, Amerikaanse sanger. 1968 – Gary Coleman, Amerikaanse akteur († 2010). 1968 – Geoff Makhubo, Suid-Afrikaanse politikus en burgemeester van die Stad Johannesburg († 2021). 1974 – Seth Green, Amerikaanse akteur.
Sterftes 1204 – Alexios IV, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1182). 1587 – Maria I van Skotland, Koningin van Skotland (* 1542). 1676 – Aleksei van Rusland, tsaar van Rusland (* 1629). 1725 – Tsaar Pieter die Grote van Rusland (* 1672). 1849 – France Prešeren, Sloweense digter (* 1800). 1884 – Cetshwayo, koning van die Zoeloes (* c. 1826). 1889 – Hercules Crosse Jarvis, derde burgemeester van Kaapstad (* 1802). 1904 – Stephanus Postma, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1865). 1921 – Pjotr Kropotkin, Russiese dierkundige, geograaf en filoloog (* 1842). 1922 – Koos Sas, Suid-Afrikaanse misdadiger (* onbekend). 1962 – Agnieta Gijswijt, Nederlandse skilder (* 1873). 1999 – Iris Murdoch, Engelse skrywer en filosoof (* 1919). 2007 – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise (* 1967). 2012 – B.P.J. Erasmus, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1930). 2013 – Jan Ellis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (* 1942). 2023 – Burt Bacharach, Amerikaanse komponis en liedjieskrywer (* 1928). 2025 – Sam Nujoma, Namibiese politikus en eerste president van Namibië (1990–2005) (* 1929).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:Februarie