5 Februarie is die 36ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 329 dae in die res van die jaar (330 in skrikkeljare).
Gebeure 1265 – Pous Clemens IV volg Pous Urbanus IV op. 1859 – Prins Alexander Johan Cuza van Wallachye en Moldawië smelt sy twee vorstedomme saam om die Koninkryk van Roemenië te vorm. 1885 – Koning Léopold II van België vestig die Kongo-Vrystaat as sy persoonlike besitting in Afrika. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Slag van Vaalkrans begin, wat op 7 Februarie in ’n Boere-oorwinning eindig. 1921 – Die NG gemeente Nuwerus stig af. 1924 – Uurlikse Greenwich-tydseine van die Royal Greenwich Observatory word vir die eerste keer deur die BBC uitgesaai. 1965 – Die diefstal van goudstawe van sowat R200,000 uit die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad word ontdek. 1967 – Lunar Orbiter 3 word gelanseer. 1977 – Tropiese sikloon Emilie veroorsaak swaar reen en oorstromings in Natal en Oos-Transvaal, ten minste 10 mense sterf in Zoeloeland. 1988 – Die eerste Rooineusdag samel £15 miljoen in die Verenigde Koninkryk vir liefdadigheid in. 1999 – Pres. Nelson Mandela lewer sy laaste belangrike toespraak in die parlement. 2004 – Rebelle van die Revolutionary Artibonite Resistance Front neem die stad Gonaïves in en begin daarmee die Haïti rebellie.
Geboortes 1806 – Friedrich Welwitsch, Oostenrykse ontdekkingsreisiger van Afrika en plantkundige († 1872). 1840 – Abraham Steytler, invloedryke leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1922). 1840 – Hiram Maxim, uitvinder van die Maxim-masjiengeweer († 1916). 1883 – Terence Macleane Salter, Brits-Suid-Afrikaanse plantversamelaar en plantkundige († 1969). 1896 – Basil Schonland, Suid-Afrikaanse fisikus († 1972). 1914 – William S. Burroughs, Amerikaanse skrywer († 1997). 1919 – Red Buttons, Amerikaanse akteur († 2006). 1919 – Tim Holt, Amerikaanse akteur († 1973). 1906 – John Carradine, Amerikaanse akteur († 1988). 1929 – Fred Sinowatz, Oostenrykse politikus en staatsman, Kanselier van Oostenryk († 2008). 1935 – Jannie Geldenhuys, Suid-Afrikaanse Weermaghoof († 2018). 1941 – David Selby, Amerikaanse akteur en dramaturg. 1943 – Michael Mann, Amerikaanse rolprentvervaardiger en draaiboekskrywer. 1946 – Charlotte Rampling, Engelse aktrise. 1948 – Barbara Hershey, Amerikaanse aktrise. 1948 – Sven-Göran Eriksson, Sweedse sokkerafrigter († 2024). 1948 – Tom Wilkinson, Engelse akteur († 2023). 1948 – Joggie Jansen, Springbokrugbysenter († 2026). 1961 – Tim Meadows, Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer. 1962 – Jennifer Jason Leigh, Amerikaanse aktrise en draaiboekskrywer. 1964 – Laura Linney, Amerikaanse aktrise. 1965 – Gheorghe Hagi, Romeense sokkerspeler. 1967 – Chris Parnell, Amerikaanse akteur en komediant. 1968 – Marcus Grönholm, Finse beroepstydrenjaer. 1969 – Derek Stephen Prince, Amerikaanse stemkunstenaar. 1973 – Nhlanhla Mkhwanazi, Suid-Afrikaanse wetstoepassingsbeampte. 1981 – Mia Hansen-Løve, Franse regisseur en draaiboekskrywer. 1983 – Yoon Jae-young, Suid-Koreaanse tafeltennisspeler. 1985 – Cristiano Ronaldo, Portugese sokkerspeler. 1987 – Darren Criss, Amerikaanse akteur en sanger. 1990 – Charlbi Dean, Suid-Afrikaanse aktrise en model († 2022). 1993 – Luke Newton, Engelse akteur. 2016 – Jigme Namgyel Wangchuck, Bhutanese prins.
Sterftes 1679 – Joost van den Vondel, Nederlandse digter, skrywer en dramaturg (* 1587). 1937 – Lou Andreas-Salomé, Russies-Duitse psigoanalis en skrywer (* 1861). 1946 – George Arliss, Britse akteur en dramaturg (* 1868). 1948 – Johannes Blaskowitz, Duitse generaal (* 1883). 1950 – Uncle Dobbin, Suid-Afrika se twaalfde Springbokkaptein (* 1879). 1969 – Thelma Ritter, Amerikaanse aktrise (* 1902). 1991 – Dean Jagger, Amerikaanse akteur (* 1903). 1995 – Doug McClure, Amerikaanse akteur (* 1935). 2004 – Barry Trengove, Suid-Afrikaanse akteur (* 1939). 2005 – Gnassingbé Eyadéma, Togolese politikus, President van Togo (* 1937). 2010 – Harry Schwarz, Suid-Afrikaanse politikus en VN-ambassadeur (* 1924). 2011 – Peggy Rea, Amerikaanse aktrise en rolverdeler (* 1921). 2012 – Sam Coppola, Amerikaanse akteur (* 1932). 2020 – Kirk Douglas, Amerikaanse akteur (* 1916). 2021 – Christopher Plummer, Kanadese teater-, rolprent- en televisieakteur (* 1929)
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:Februarie