Mugdon (Antieke Grieks: Μύγδων) was in die Griekse mitologie ’n koning van Frigië, die seun van Akmon en die vader van Koroibos.Vergilius. Eneïde, Boek 2.340Euripides. Rhesus, 517

Mitologie Mugdon het ’n Frigiese mag teen die Amasones gelei saam met sy bondgenote Otrios (’n ander Frigiese leier) en koning Priamos van Troje, ’n generasie voor die Trojaanse Oorlog. Priamos noem dit aan Helena van Troje in Boek 3 van die Ilias. ’n Deel van die Frigiërs, die Mugdoniërs, is vermoedelik na hom genoem.Pausanias. Beskrywing van Griekeland, Boek 10.27Homeros. Ilias, Boek 3, reëls 186

Verwysings

Bronne William Smith. Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology. s.v. Mygdon. Londen (1848).

Skakels

Kategorie:Karakters in die Griekse mitologie Kategorie:Frigië