duimnael|Larry King in 2010. Larry King (gebore Lawrence Harvey Zeiger; 19 November 1933 - 23 Januarie 2021) King, Larry [@kingsthings] (23 Januarie 2021). "Larry King 1933 – 2021 ..." (Tweet). Besoek op 23 Januarie 2021 – via Twitter.name=obittweet was 'n Amerikaanse televisie-gasheer, radio-gasheer en betaalde woordvoerder, wie se werk erkenning ontvang het met toekennings waaronder twee Peabodys, 'n Emmy-toekenning en 10 CabelACE-toekennings.

King was van Joodse afkoms. Hy begin as 'n plaaslike Florida-joernalis en radio-onderhoudvoerder in die 1950's en 1960's, en vererf bekendheid sedert 1978 as gasheer van The Larry King Show, 'n landwye inbel-radioprogram wat die hele nag deur die Mutual Broadcasting System uitgesaai is. "Larry King Mutual Radio 1982". YouTube. Besoek op 2 November 2015. Van 1985 tot 2010 was hy die gasheer van die televisieprogram Larry King Live op CNN. Van 2012 tot 2020 was hy gasheer vir Larry King Now wat in Hulu, OraTV en RT America uitgesaai is.

Hy het voort gegaan om gasheer te wees vir Politicking with Larry King, 'n weeklikse politieke geselsprogram wat weekliks op dieselfde twee kanale uitgesaai is vanaf 2013 tot en met sy dood aan Covid-19 in 2021. King het gedurende sy lewe vele toekennings ontvang, waaronder verskeie Cable ACE-toekennings, Peabody-toekennings en ander lewenslangebydrae toekennings.RT schedule Click on America for RT America. Accessed September 15, 2013.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Sterftes aan Kovis-19 Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse joernaliste Kategorie:Radioaanbieders Kategorie:Televisieaanbieders