Gurumetirivier is 'n belangrike rivier in Tanzanië. Dit is geleë in die wildryke Mara-streek, in die noordelike deel van die land, 500 km noord van Dodoma, die land se hoofstad. Gurumeti is deel van die waterskeiding van die Nylrivier en vloei in die Victoriameer in.
Die rivier lewer jaarliks 'n skouspel wanneer duisende blouwildebeeste en sebras hulle migrasietog noordwaarts na beter weivelde aanpak.
Eksterne skakel Google-kaart van die Gurumeti se monding by Geonames.org (cc-by)
Kategorie:Riviere in Tanzanië