Stephenson 2-18 (St2-18), ook bekend as Stephenson 2 DFK 1 of RSGC2-18, is ’n rooisuperreusester in die sterrebeeld Skild. Dit lê naby die oop sterreswerm Stephenson 2, wat sowat 20 000 ligjare van die Son af is en is vermoedelik een van ’n groep sterre op min of meer dieselfde afstand. Dit is een van die grootste bekende sterre, indien nie die grootste nie, en een van die rooisuperreuse met die grootste ligsterkte. Dit het ’n geraamde radius van sowat 2 150 keer die Son s'n, wat beteken sy volume is amper 10 miljard keer dié van die Son. As dit in die Sonnestelsel geplaas sou word, sou sy fotosfeer verby Saturnus se wentelbaan strek.
Waarneming thumb|links|240px|’n Vergelyking van die groottes van die geëvolueerde rooisuperreus Stephenson 2-18, die uiterse hiperreus VY Canis Majoris en die helder rooisuperreus UY Scuti.
Die oop sterreswerm Stephenson 2 is in 1990 deur die Amerikaanse sterrekundige Charles Bruce Stephenson ontdek in data wat in ’n diepinfrarooi-opname verkry is. Die swerm, ook bekend as RSGC2, is een van verskeie massiewe oop swerms in die Skild wat elk verskeie rooisuperreuse bevat.
Die helderste ster in die omgewing van die sterreswerm het die aanwyser 1 gekry in die eerste ontleding van die lede van die swerm. Dit word egter nie as lid van Stephenson 2 beskou nie omdat dit ’n entjie daarvan lê en vanweë sy buitengewone ligsterkte en effens ongewone eiebeweging. In ’n latere studie het dié ster die aanwyser 18 gekry en is dit toegewys aan ’n ander groep sterre bekend as Stephenson 2 SW – dit is vermoedelik op dieselfde afstand van ons af as die eerste swerm.
Die afkorting St2-18 (vir Stephenson 2-18) word dikwels gebruik na aanleiding van die nommerstelsel van Deguchi (2010). Om verwarring daarvan te verminder dat dieselfde nommer vir verskillende sterre en verskillende nommers vir dieselfde ster gebruik word, kry name van Davis (2007) dikwels die voorvoegsel DFK of D by, byvoorbeeld Stephenson 2 DFK 1.
Eienskappe St 2-18 toon die eienskappe van ’n uiterse rooisuperreus met ’n groot ligsterkte en van spektraaltipe M6, wat ongewoon vir ’n superreus is. Dit plaas die ster in die boonste regterkantse hoek van die Hertzsprung-Russell-diagram.
Die ster het ’n geraamde ligsterkte van amper en ’n effektiewe temperatuur van , wat ooreenstem met ’n baie groot radius van – dit is aansienlik groter en helderder as teoretiese modelle van die grootste en helderste moontlike rooisuperreuse (onderskeidelik rofweg en ). As die ster as deel van die sterreswerm beskou word, word ander waardes verkry.
Sien ook Sterrekundeportaal NML Cygni WOH G64 UY Scuti
Verwysings
Skakels
Kategorie:Skild (sterrebeeld) Kategorie:M-tipe superreuse