Die Aloe jeppeae is 'n aalwyn en ook een van die bolaalwyne wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie kom in die Noord-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes voor. Die aalwyn is alleenstaande en klein, stamloos en grasagtig. Die plant is vernoem na Barbara Joan Jeppe, skrywer en illustreerder van 'n boek oor die aalwyne van Suid-Afrika.

Die plant blom van November tot Desember. Die blomme is bruin, beige of witterig en ongeveer 15 mm lank.

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014,

jeppeae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika