Die Aloe subspicata is 'n aalwyn, ook een van die bolaalwyne, wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie kom in die grasvelde van Suid-Afrika in Noord-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes voor. Dit is ook inheems aan Botswana, Eswatini, Lesotho en Namibië. Die spesie was voorheen bekend as Haworthia subspicata en is in 2013 oorgeplaas na die genus Aloe.
Die plant word ongeveer 15 tot 30 mm groot. Dit maak die plant onopvallend. Die plant blom van Augustus tot September voordat die blare gevorm is. Aloe jeppeae en Aloe bergeriana, ander bolaalwyne, blom beide in die herfs nadat die blare verskyn het. Die spesie is moeilik om te kweek.
Sien ook Lys van aalwynspesies
Bronnelys SANBI Redlist Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith Briza Publikasies, http://www.ville-ge.ch/musinfo/bd/cjb/africa/details.php?langue=an&id=228384 Plants of the World Online
subspicata Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika