thumb|Gefossileerde Halimeda

Halimeda is 'n genus van groenmikroalge. Die algeliggaam (thallus) bestaan uit gekalsifiseerde groen segmente. Die weefsel bevat kalsiumkarbonaat, dus is dit vir die meeste herbivore oneetbaar. Een spesie, Halimeda tuna, is egter beskryf as eetbaar met olie, asyn en sout.

Net soos in ander lede van die orde Bryopsidales, bestaan indiwiduele organismes uit een meerkernige sel. Hele weide kan uit een indiwiduele alg bestaan wat deur fyn drade in die substraat verbind word.The Cell Biology of the Bryopsidales

Halimeda veroorsaak kenmerkende sirkelvormige neerslae in verskeie dele van die Groot Koraalrif aan die noordooskus van Queensland, Australië. Halimeda-beddens vorm aan die westelike kant van buiteskildriwwe waar die toevoer van water van die oop see ryk aan voedingstowwe hulle toelaat om te floreer. Hierdie beddens is die grootste Halimeda-beddens ter wêreld wat aktief versamel.

Die genus is een van die mees bestudeerde voorbeelde van kriptiese spesiepare weens die morfologiese konvergensie binne die marine makroalge.Kooistra W.H.C.F., Coppejans E.G.G. & Payri C. (2002). Molecular systematics, historical ecology, and phylogeography of Halimeda. (Bryopsidales) Molecular Phylogenetics and Evolution 24: 121–138 Verbruggen H., De Clerck O., Kooistra W.H.C.F. & Coppejans E. (2005). Molecular and morphometric data pinpoint species boundaries in Halimeda section Rhipsalis (Bryopsidales, Chlorophyta). Journal of Phycology 41: 606-621 Verbruggen H., De Clerck O., Schils T., Kooistra W.H.C.F. & Coppejans E. (2005). Evolution and phylogeography of Halimeda section Halimeda. Molecular Phylogenetics and Evolution 37: 789-803

Sommige spesies groei so vinnig in tropiese strandmere dat die sediment uitsluitlik uit die oorskot van hul weefsels bestaan en 'n kalkagtige sand, bekend as Halimedasand, vorm. Trouens, sommige tropiese rifstelsels soos atolle bestaan grootliks uit Halimedasand wat oor die eons versamel het.

duimnael|Regop en uitgestrekte Halimeda

Spesies duimnael|Halimeda-fossiele. Die holtes is waar die Halimeda was, toe dit met sand bedek was, voor dit weggevrot het. duimnael|Halimeda copiosa op 10 meter diep in 'n vlak grot

H. bikinensis H. borneensis H. cereidesmis H. copiosa H. cryptica H. cuneata H. cylindracea H. discoidea H. distorta H. favulosa H. fragilis H. gigas H. goreauii H. gracilis H. heteromorpha H. howensis H. hummii H. incrassata H. kanaloana H. lacrimosa H. lacunalis H. macroloba H. macrophysa H. magnidisca H. melanesica H. micronesica H. minima H. monile H. opuntia H. pumila H. pygmaea H. renschii H. scabra H. simulans H. stuposa H. taenicola H. tuna H. velasquezii

Verwysings

Eksterne skakels "Deepwater seagrass and Halimeda: lost lawns of the outer shelf" , Australian Institute of Marine Science, besoek op 10 November 2006 "Other species of conservation concern", Great Barrier Reef Marine Park Authority, besoek op 10 November 2006 ReefCorner - Halimeda Algae Database Entry

*