Die Baardskeerdersbosvuurpylaalwyn (Aloiampelos juddii), voorheen Aloe juddii, is 'n rankaalwyn wat endemies is aan die Wes-Kaap waar dit voorkom saam met die fynbos in die berge van Gansbaai tot by Baardskeerdersbos. In Engels staan dit bekend as die Koudeberg aloe. Die plant is vernoem na mnr. Eric Judd, 'n Kaapse botaniese kunstenaar wat in aalwyne spesialiseer.
Die plant spruit weer uit na 'n veldbrand. Die blomme is rooi-oranje en die plant blom in November.
Galery
Sien ook Lys van aalwynspesies
Bronne SANBI Redlist PZAfrica Plants of the World Online Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014,
Kategorie:Aloiampelos Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika