Die Oos-Kaapse rankaalwyn (Aloiampelos ciliaris), voorheen Aloe ciliaris, is 'n rankaalwyn wat endemies is aan die Oos-Kaap waar dit voorkom van Gqeberha tot Kentani. Die plant se stam word tot 6 m lank en word deur omringende plantegroei gestut. Die stam is houtagtig en oor die grootste gedeelte blaarloos. Die blare word naby die punte van die takke gedra. Die blare is donkergroen en wyd gespasieer. Daar is wit haaragtige tande op die rand van die blare. Die bloeiwyse is gewoonlik 'n onvertakte raseem met groot helderrooi blomme met geel punte. Die plant blom regdeur die jaar.
Die plant groei in boomryke klowe en tussen bosse in ruig plantegroei in die Oos-Kaap van seevlak tot 600 m. Die naam ciliaris verwys na die harige fraiings.
Galery
Subspesies Daar is vier subspesies: Aloiampelos ciliaris var. ciliaris Aloiampelos ciliaris nothovar. gigas (Resende) Gideon F.Sm. & Figueiredo Aloiampelos ciliaris var redacta (S.Carter) Klopper & Gideon F.Sm. Aloiampelos ciliaris var tidmarshii (Schönland) Klopper & Gideon F.Sm.
Sien ook Lys van aalwynspesies
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014,
Kategorie:Aloiampelos Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika