Die nasionale vlag van Andorra is op 27 Augustus 1971 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in blou, rooi en geel met die Andoraanse landswapen in die middel van die geel baan. Hoewel die drie bane ewe wyd voorkom is die geel baan in werklikheid wyer as die bou en rooi bane in verhouding 8:9:8.
Geskiedenis Die geskiedkundige vlag van Andorra, wat van 1806 tot 1866 gebruik is, het uit twee vertikale (soms ook horisontale) bane in geel en rooi bestaan. Daar word beweer dat hierdie vlag deur Napoleon in 1806 toegestaan is, maar die gebruik daarvan kan veel vroeër wees. ’n Variant van die moderne vlag sonder die wapenskild is na bewering deur Napoleon III ontwerp deur die blou baan wat Frankryk verteenwoordig, toe te voeg. Van 1931 tot 1939 is ’n horisontale weergawe van die vlag gebruik en die bedoeling was om die Spaanse vlag te weerspieël. In 1934 is vir ’n kort ruk ’n horisontale variant met ’n kroon in die middel vertoon terwyl Boris I geheers het. Tussen 1939 en 1949 is ’n variant van die 1866-vlag gebruik met ’n ander vlagverhouding en wapenskild, en daarna, van 1949 tot 1959 is ’n variant met gewysigde kleure gebruik. Tot 1993, toe Andorra se vlag gestandaardiseer is met hul inlywing by die Verenigde Nasies, is meerdere weergawes van die moderne vlag gebruik.
Vorige vlae
Simboliek Die ontwerp is verwant aan die vlae van Frankryk, Spanje, Katalonië en Foix wat almal historiese bande met Andorra het. Die wapenskild in die middel van die vlag bevat historiese simboliek van die biskoppe van Urgell en Foix en van Katalonië en die Burggraafskap van Béarn. Die insluiting van die wapenskild maak dit een van 28 nasionale vlae wat openlike Christelike simbole bevat. Die vlag se drie vertikale bane herinner aan die Franse driekleur terwyl die breër middelste baan aan die Spaanse vlag herinner. Die leuse van die wapenskild (in Goudy Old Style) in die middelste baan Virtus Unita Fortior beteken “Verenigde Deug is Sterker”. Die blou en rooi van die Andoraanse vlag is ook in die Franse vlag te sien met die rooi en geel wat ook in die Katalaanse vlag te sien is (as ou koninklike simbool van die kroon van Aragón) en in die wapenskild van die ou Graafskap Foix (tans deel van Frankryk).
Ontwerp Die Andoraanse vlag het die volgende tegniese ontwerp:
350px|senter|Konstruksietekening
Kleure duimnael|’n Wapperende vlag van Andorra Die amptelike kleure van die Andoraanse vlag word in die “Grafiese regulasies vir die namaak van die skild en vlag” van die Oficina de Marques del Principat d’Andorra uiteengesit. Die vlag se kleure is: KleurskemaBlouGeelRooi Heksadesimaal #1C3F94 #FFEE00 #ED000F RGB 28-63-148 255-238-0 237-22-79 CMYK 100-88-0-5 0-1-100-0 0-100-62-0 Pantone Blou 072 C Geel C 119 C
Die kleure vir die wapen is: KleurskemaRooiBeigeGeelBlouBruin Heksadesimaal #EE3224 #E0C298 #FFEE00 0078C1 7D3620 RGB 238-50-36 224-194-152 255-238-0 0-120-193 125-54-32 CMYK 0-95-100-0 12-22-43-0 0-1-100-0 100-44-0-0 40-86-100-30 Pantone 485 C 466 C Geel C 300 C 478 C
Ander vlae Burgerlike vlae
Soortgelyke vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Andorra by Flags of the World.
Kategorie:Andorra Andorra