Amanda Cecilia Swart is 'n Suid-Afrikaanse biochemikus met 'n professoraat in biochemie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is bekend vir haar navorsing oor rooibos, 'n kruietee wat in Suid-Afrika gewild is, is deur die Suid-Afrikaanse Rooibosraad befonds in haar navorsing, en word gereeld in die Suid-Afrikaanse media aangehaal om die gesondheidsvoordele van rooibos te bevorder.

Opvoeding en loopbaan Swart het haar MSc in biologie in 1986 en haar doktorsgraad in 1999 aan Universiteit Stellenbosch voltooi, en in 2002 as fakulteitslid na Stellenbosch teruggekeer, waar sy voor- en nagraadse kursusse in biochemie gee. Sy was instrumenteel in die stigting van die P450-steroïdnavorsingsgroep op Stellenbosch en in 2011 is sy as medeprofessor aangestel. Haar navorsingsgebiede sluit in: byniersteroïedvorming, sitochroom P450-ensieme, prostaatkanker en produkte afkomstig van die plante Aspalathus linearis (Rooibos), Salsola tuberculatiformis Botch. (Gannabos) en Lessertia frutescens (kankerbossie).

Navorsing Haar primêre navorsingsfokus, en dié van die P450-steroïdnavorsingsgroep, is op die hormone (byniersteroïede) wat deur die byniere geproduseer word, asook op die steroïedvorming-ensieme wat hul biosintese kataliseer, die metabolisme van hierdie steroïede in prostaatkanker, en hul implikasies in endokriene afwykings. Hulle navorsing behels ook die ondersoek na die effekte van plantprodukte op die endokrienestelsel.

Swart se navorsing word geborg deur die Nasionale Navorsingstigting, Kankervereniging van Suid-Afrika en die Rooibosraad van SA.

Die navorsing is opgedeel in drie fokusareas: 11β-hidroksi-androsteendioon 11β-hidroksi-androsteendioon is 'n byniersteroïed en is betrokke by prostaatkanker sowel as kastrasiebestande prostaatkanker. Prof Swart ondersoek die meganisme van hierdie steroïde in prostaatkankerselle en ander kankerselle.

Rooibos Daar is twee vertakkings van navorsing rakende rooibos wat Swart nastreef:

Metabolisme van prostaatkanker Swart se navorsing het voorgestel dat rooibos voordelige effekte op prostaatkanker kan hê deur die remming van 17β-hidroksisteroïd dehidrogenase en die blokkering van dihidrotestosteroon. Haar navorsing het ook gekyk na die effek van rooibos op die ensiemmerker vir die prostaat-spesifieke antigeen (PSA) wat gebruik word as 'n toets vir prostaatkanker.

Kortisol en spanning Haar navorsing het voorgestel dat die inname van rooibos spanning kan verlaag deur die effekte van twee verbindings daarin, aspalatien en notofagien. Onder laboratoriumtoestande blokkeer hierdie verbindings die produksie van 'n streshormoon, kortisol. Sy beweer dat rooibos die potensiaal het om hartsiektes te voorkom, die gevolge van veroudering verminder en gewigsverlies bevorder.

Verwysings

Eksterne skakels Amanda Swart se publikasies geïndekseer deur Google Scholar

Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Suid-Afrikaanse bioloë