Espoo (Esbo in Sweeds) is 'n munisipaliteit en stad geleë in Uusimaa aan die suidkus van die republiek Finland. Espoo lê direk wes van die hoofstad Helsinki en maak deel uit van die stedelike agglomerasie, net soos Vantaa en Kauniainen.

Espoo is 'n tweetalige stad met Fins as meerderheidstaal (± 85%) en Sweeds as minderheidstaal (8,9%).

Geskiedenis In die 13de eeu stig Sweedse immigrante die dorp Espaby. Die eerste (hout) kerk word in die tweede helfte van die 14de eeu gebou. Dié gebou word einde 15de eeu deur 'n steenkerkgebou vervang. Die eerste vermelding van Espoo in geskrifte kom eers in 1431 voor.

Aan die einde van die 19de eeu vind die nywerhede in Espoo baat by die groeiende, nabygeleë Helsinki. Die aanlê van 'n spoorlyn in 1903 maak dit geriefliker vir mense en maatskappye om hulself in Espoo te vestig. Belangrike industrieë was die baksteenfabrieke en glasfabrieke. Die stad groei eksponensieel sedert die 1950's. Die dienstesektor word hierna die belangrikste werkgewer.

Tot die einde van die jare veertig was Sweeds die belangrikste taal in Espoo. Daarna kry die Finssprekendes die oorhand.

Espoo het in 1972 amptelik 'n stad geword.

Espoo vandag Espoo (oppervlakte 528 km², waarvan 312 km² land) is die snelgroeiendste stad in Finland. Op 31 Mei 2010 tel die stad se inwoners 245 646. Na Helsinki is dit die grootste munisipaliteit in die land. Espoo huisves die Tegniese Universiteit Helsinki met ongeveer 13 000 studente, en het verder vele navorsingsinstitute, vernaamlik hoëtegnologiebedrywe. So bevind die hoofkantoor van die vervaardiger van selfone, Nokia, hom in Espoo. Ook KONE, op drie na grootste hysbakprodusent ter wêreld, se hoofkwartier is hier

Espoo bestaan uit 'n losse versameling voorstedelike woonbuurte wat wes van Helsinki oor 'n groot gebied uitstrek. 'n Duidelike stadsentrum ontbreek. Espoo bestaan uit sewe kleiner administratiewe sentrums, naamlik: Leppävaara, Tapiola, Matinkylä-Olari, Espoonlahti, Espoon keskus, Kauklahti en Kalajärvi.

Sport FC Honka Espoo is die belangrikste sokkerklub van Espoo.

Die Espoo Blues is die belangrikste yshokkieklub van die stad en speel hul tuiswedstryde in die Espoo Metro Areena.

Gebore in Espoo

Jussi Jaatinen (1964), dirigent JJ Lehto (1966), renjaer Jussi Sydänmaa (1972), kitaarspeler Antti Kasvio (1973), swemmer Samer el Nahhal (1976), basspeler Erna Siikavirta (1977), pianis Charles Wegelius (1978), fietsryer Alexi Laiho (1979), kitaarspeler Jaska Raatikainen (1979), tromspeler Kimi Räikkönen (1979), F1-renjaer Aki Hakala (1979), tromspeler Janne Wirman (1979), pianis Henkka T. Blacksmith (1980), basspeler Paulus Roiha (1980), sokkerspeler Jarmo Valtonen (1982), skaatser Minea Blomqvist (1985), gholfspeler Niki Mäenpää (1985), sokkerspeler Ville Jalasto (1986), sokkerspeler Juha Hakola (1987), sokkerspeler Laura Lepistö (1988), figuurskaatser Ursula Wikström (1990), gholfspeler Rasmus Schüller (1991), sokkerspeler

Eksterne skakels

Amptelike webblad stad Espoo Helsinki University of Technology

Kategorie:Nedersettings in Finland