Aloe parviflora is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en kom tussen Cato Ridge en Pinetown voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 120 km² en daar is 'n geskatte ses tot tien subpopulasies. Die spesie het reeds 74% van sy habitat afgestaan aan stedelike ontwikkeling. Dié bedreiging bestaan steeds en ander bedreigings is indringerplante en 'n gebrek aan brandbestuursprogram.

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

parviflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika