Die Langjan-natuurreservaat is geleë in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika, op die R521 na Alldays, wes van Makhado, naby die Blouberg-natuurreservaat.

Die reservaat van 4 774 hektaar is in 1954 gestig om die laaste outochtone bevolking van Oryx gazella te bewaar. Dit is tussen 22° 47'S en 22° 52'S en 29° 11'O en 29° 17'O geleë en die Brakrivier vloei noordwaarts deur die reservaat. Die hoogte is ongeveer 800 m bo seespieël en is geleë op konglomeraat, kalksteen en sandsteen en dieprooi Kalahari-sand.

Die plantegroei word 'n dorre soetbosveld genoem.

Endemiese spesies Sommige van die belangrike fauna wat in die reservaat voorkom, sluit in:

Oryx gazella - gemsbok Psammobates oculifer - Kalahariskilpad, Typhlosaurus lineatus subtaeniatus - gestreepte blinde beenlose skink, Scelotes limpopoensis albiventris - Limpopo-grawende skink, Colopus wahlbergii wahlbergii - Wahlberg se Kalahari-geitjie

Verwysings

Kategorie:Natuurreservate in Limpopo