Luigi "Gigi" Proietti (2 November 1940 – 2 November 2020) was 'n Italiaanse akteur, stemakteur, komediant, regisseur, musikant, sanger en televisieaanbieder.
Biografie Vroeë lewe Hy is gebore in Rome aan Romano Proietti, oorspronklik van Umbria, en Giovanna Ceci. Tydens sy jeugjare het hy graag gesing en kitaar, klavier, trekklavier en kontrabas gespeel in verskeie Roomse nagklubs. Hy skryf in vir die Regsfakulteit aan die La Sapienza Universiteit, waar hy die mimiekursusse van die Universiteitsteatersentrum bygewoon het Giancarlo Cobelli, wat dadelik sy talent as musikant raaksien en hom bespreek vir 'n avantgarde-toneelstuk.
Film en teater loopbaan Na verskeie teater rolle, het Proietti in 1966 in beide bioskoop, in Pleasant Nights, en op televisie, in die TV-reeks I grandi camaleonti gedebuteer. Sy eerste persoonlike sukses kom in 1971, toe hy vir Domenico Modugno vervang het in die teater musiekblyspel Alleluja brava gente deur Garinei & Giovannini, saam met Renato Rascel.
Dood Op 1 November 2020, ly Proietti aan 'n hartaanval terwyl hy in die hospitaal was, nadat hulle vyftien dae tevore opgeneem is vir hartverwante probleme. Hy is na intensiewe sorg oorgeplaas waar sy toestand as kritiek beskryf is. Proietti sterf die volgende oggend, in die vroeë ure van 2 November 2020, op sy 80ste verjaarsdag.
Persoonlike lewe Proietti was sedert 1962 in 'n verhouding met Sagitta Alter, 'n Sweedse toergids, saam met wie hy twee dogters gehad het, Susanna and Carlotta.
Verwysings
Eksterne skakels
Gigi Proietti op Behind the Voice Actors
Kategorie:Italiaanse akteurs Kategorie:Italiaanse musici