Die Luvuarivier in die Shabaprovinsie van die Demokratiese Republiek van die Kongo is 'n boloop van die Kongorivier.

Die rivier ontspring by die dorp Pweto op die grens tussen die Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië waar dit die Mwerumeer verlaat. Daarna vloei dit noordweswaarts verby die dorp Piana Mwanga (met sy hidroëlektriese kragsentrale) en die dorp Kiambo en sluit van oos by die dorp Ankoro by die Lualabarivier aan. Tussen Pweto en Ankoro verloor die rivier van 350 km in lengte 'n hoogte van 300 m. Verskeie stroomversnellings maak groot dele van die rivier onbevaarbaar. Tussen Kiambo en Ankoro kan kleiner bote die rivier gebruik.

Die water uit Midde-Afrika na die Atlantiese Oseaan volg dus die volgende roete: Chambeshirivier, Bangweulumeer, Luapularivier, Mwerumeer, Luvuarivier, Lualabarivier en die Kongorivier.

Kategorie:Riviere in die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Riviere in Zambië