’n Fetus is die ongebore vrug van ’n dier wat uit ’n embrio ontwikkel. Ná die ontwikkeling van die embrio begin die stadium van fetusontwikkeling – by mense is dit die negende week ná bevrugting. Dit duur voort tot met die geboorte.

Voorgeboortelike ontwikkeling is aaneenlopend, met geen definitiewe eienskap wat ’n fetus van ’n embrio onderskei nie. ’n Fetus word egter gekenmerk deur die teenwoordigheid van al die belangrike organe, hoewel hulle nie ten volle ontwikkel is of op die regte anatomiese plekke voorkom nie.

Ontwikkeling thumb|links|150px|’n Menslike fetus, vas aan die plasenta, op drie maande. Week 9 tot 16 (2 tot 3,6 maande) By mense begin die fetusstadium nege weke ná bevrugting.Klossner, N. Jayne, Introductory Maternity Nursing (2005) Aan die begin daarvan is die fetus gewoonlik sowat 30 mm lank en weeg dit sowat 8 g. Die kop maak feitlik die helfte van die fetus uit. Asemhalingsagtige bewegings van die fetus is nodig om longontwikkeling te stimuleer, eerder as om suurstof in te neem.Institute of Medicine of the National Academies, Preterm Birth: Causes, Consequences, and Prevention (2006), bl. 317. Besoek op 2008-03-12

Die hart, hande, voete, brein en ander organe is teenwoordig, maar is nog aan die begin van die ontwikkelingstadium.The Columbia Encyclopedia (6de uitg.) Besoek op 2007-03-05.Greenfield, Marjorie. “Dr. Spock.com ". Besoek op 2007-01-20. Die geslagsdele van die fetus begin vorm en die plasenta werk teen week 9 ten volle.

In hierdie stadium kom onbeheerde bewegings en rukkings voor terwyl die spiere, brein en bane begin ontwikkel.Prechtl, Heinz. "Prenatal and Early Postnatal Development of Human Motor Behavior" in Handbook of brain and behaviour in human development, Kalverboer and Gramsbergen reds., ble. 415-418 (2001 Kluwer Academic Publishers)

Week 17 tot 25 (3,6 tot 6,6 maande) ’n Vrou wat die eerste keer verwag, sal gewoonlik bewegings van die fetus teen 21 weke vir die eerste keer voel, terwyl vroue wat al voorheen die lewe geskenk het, dit gewoonlik teen week 20 sal voel.Levene, Malcolm et al. Essentials of Neonatal Medicine (Blackwell 2000), bl. 8. Besoek op 2007-03-04. Teen die einde van die vyfde maand is die fetus sowat 20 cm lank.

Week 26 tot 38 (6,6 tot 8,6 maande) thumb|’n Kunstenaar se voorstelling van ’n fetus op 40 weke: sowat 51 cm van kop tot tone. Die hoeveelheid liggaamsvet neem vinng toe. Die longe is nog nie heeltemal ontwikkel nie. Talamiese breinverbindings, wat sintuiglike toevoer bemiddel, vorm. Bene is ten volle ontwikkel, maar is nog sag en buigbaar. Yster, kalsium en fosfor raak volopper. Vingernaels bereik die einde van die vingerpunte. Fyn hare begin verdwyn totdat dit heeltemal weg is, buiten aan die boarms en skouers. Klein borsknoppies is by albei geslagte teenwoordig. Hare op die kop raak growwer en dikker.

Die geboorte is op hande en gebeur teen die 38ste week ná bevrugting. Die fetus is gereed om gebore te word tussen 36 en 40 weke, wanneer dit genoeg ontwikkel het om buite die baarmoeder te oorleef.Your Pregnancy: 36 Weeks BabyCenter.com Besoek op 1 Junie 2007. Dit kan by geboorte 48 tot 53 cm lank wees. Beheer oor bewegings is beperk met geboorte, en doelgerigte willekeurige bewegings ontwikkel tot tydens puberteit.Stanley, Fiona et al. "Cerebral Palsies: Epidemiology and Causal Pathways", page 48 (2000 Cambridge University Press)Becher, Julie-Claire. , Behind the Medical Headlines (Royal College of Physicians of Edinburgh and Royal College of Physicians and Surgeons of Glasgow, Oktober 2004)

Variasies in groei Daar is baie variasies in die groei van die fetus. Wanneer die fetus se grootte kleiner is as wat verwag word, kan dit verskeie oorsake hê, soos moederlik, plasentaal of fetaal.Holden, Chris and MacDonald, Anita. Nutrition and Child Health (Elsevier 2000). Besoek op 2007-03-04.

Moederlike faktore sluit die gewig, liggaamsmassaindeks, voedingstoestand en emosionele stres van die moeder in, asook blootstelling aan omgewingsgifstowwe (insluitende tabak, alkohol, heroïen en ander dwelms) en bloedvloei in die baarmoeder. Plasentale faktore sluit in grootte, mikrostruktuur (digtheid en bou), naelstringbloedvloei, proteïene en voedingsopname in. Fetale faktore is onder meer die genoom (genetiese materiaal) van die fetus, voedingsproduksie en hormoonlewering. Vroulike fetusse weeg ook net voor geboorte minder as manlike fetusse.

Fetusgroei word dikwels geklassifiseer as klein, gepas en groot vir swangerskapsouderdom.Queenan, John. Management of High-Risk Pregnancy (Blackwell 1999). Besoek op 2007-03-04. Eersgenoemde kan daartoe lei dat die baba met geboorte ondergewig is en dit verhoog die risiko vir sterfte kort ná geboorte, versmoring, hipotermie, polisitemie, hipokalsemie, immuniteitsdisfunksie, neurologiese abnormaliteite en ander gesondheidprobleme op lang termyn.

Fetale pyn Oor fetale pyn en die bestaan en implikasies daarvan word gedebatteer in politieke en akademiese kringe. Volgens ’n oorsig wat in 2005 gepubliseer is, is getuienis oor die vermoë van fetale pyn beperk, maar dit dui daarop dat die fetus se waarneming van pyn onwaarskynlik is voor die derde trimester."Study: Fetus feels no pain until third trimester" NBC News Die waarneming van pyn behels sintuiglike, emosionele en kognitiewe faktore, en dit is "onmoontlik om te weet" wanneer pyn ervaar word.Johnson, Martin and Everitt, Barry. Essential reproduction (Blackwell 2000)

Sommige skrywersGlover V. The fetus may feel pain from 20 weeks. Conscience. 2004-2005 Winter;25(3):35-7 meen fetale pyn is moontlik van die tweede helfte van die swangerskap af: “Die beskikbare wetenskaplike bewyse maak dit moontlik, selfs waarskynlik, dat fetale pynwaarneming ’n lang ruk voor die laat swangerskap voorkom,” skryf K.J.S. Anand in die tydskrif van die Internasionale Vereniging vir die Studie van Pyn.http://www.iasp-pain.org/AM/AMTemplate.cfm?Section=HOME&TEMPLATE=/CM/ContentDisplay.cfm&CONTENTID=15390&SECTION=HOME

Of ’n fetus die vermoë het om pyn en lyding te voel, is deel van die aborsiedebat. Are We Overlooking Fetal Pain and Suffering During Abortion? ", American Society of Anesthesiologists Newsletter (October 2001). Retrieved 2007-03-10.David, Barry & and Goldberg, Barth. "Recovering Damages for Fetal Pain and Suffering ", Illinois Bar Journal (December 2002). Retrieved 2007-03-10. Aborsies is in die meeste land wettig en/of word geduld, hoewel dit laat in die swangerskap gewoonlik onwettig is.Anika Rahman, Laura Katzive and Stanley K. Henshaw. "A Global Review of Laws on Induced Abortion, 1985-1997 ", International Family Planning Perspectives Volume 24, Nommer 2 (Junie 1998).

Verwysings

Skakels Prenatal Image Gallery Index op die webtuiste van die Endowment for Human Development, met verskeie videobeelde van fetale beweging. "In the Womb" (National Geographic-video). Fetal development: MedlinePlus Medical Encyclopedia

Kategorie:Voortplanting Kategorie:Dierkunde Kategorie:Menslike ontwikkeling