Die dwergthunbergia (Thunbergia natalensis) is 'n struik wat voorkom in Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Eswatini, Zimbabwe en verder noord in Ethiopië, Malawi en Tanzanië. Die struik word tot een meter hoog. Dit is 'n gewilde tuinplant en blom gedurende die somer. Die struik het onvertakte stingels vanaf 'n bosagtige basis. Die blare is teenoorstaande in die blaaroksels, tregtervormig, wit tot ligmauve met 'n geel kelk. Die kelk is verberg deur ligkleurige skutblare met 'n opvallende groen netwerk van are. In Engels staan die plant bekend as Natal bluebell.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online PlantZAfrica John Charles Manning: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies.

Kategorie:Struike natalensis Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe