Julius Ludovicus Maria Sabbe (14 Februarie 1846, Gent – 3 Julie 1910, Brugge) was 'n Vlaamse uitgewer en 'n aktiewe lid van die Vlaamse beweging. Vanaf 24 September 1869 doseer hy Nederlands aan die Koninklijk Atheneum van Brugge.

Tussen 1874 en 1881 publiseer hy die maandblad De Halletoren, wat opgevolg word deur die liberale tydskrif Brugsche Beiaard, waarvan hy van 1881 tot 1910 die redakteur was. Hy was 'n ywerige voorstander van die skepping van 'n seehawe vir Brugge. Toe die Vlaamse weekblad Het Volksbelang in 1867 deur Julius Vuylsteke gestig is, is hy een van die redakteurs saam met Jozef Van Hoorde, Julius De Vigne en Adolf Hoste . In 1877 word hy bekroon deur die Koninklike Akademie van België vir sy kantate Klokke Roelandt. Hy neem die inisiatief vir die skepping van 'n standbeeld vir Jan Breydel en Pieter de Coninck, wat in 1887 ingewy word. Hy was die vader van Maurits Sabbe.

Bibliografie Eenige mannenbeelden (Gent, 1870) Het nationaal beginsel in de Vlaamsche schilderkunst (Gent, 1874) De Taal is gansch het Volk, toespraak (Antwerpen, 1875) Groot en Klein, toespraak (Gent, 1876) Help u zelven, toespraak (Antwerpen, 1877) De Klokke Roeland, kantate (Brugge, 1877) Brugge's ontwaking, van Eyck's-cantata (Brugge, 1878) Grootmoedersvertelboek, deur Julius Sabbe en A. Vermast (Brugge, 1883)

Sien ook Vlaamse literatuur

Bronnelys

Julius Sabbe en de herleving van Brugge: Een bundel met bijdragen van Kris Carlier (et al. ), Liberaal Archief (1996), Julius Sabbe Julius Sabbe

Eksterne skakels Huis van Julius Sabbe in Brugge

Kategorie:Vlaamse skrywers Kategorie:Sterftes in 1910 Kategorie:Geboortes in 1846