Metuchen ( is 'n voorstedelike Borough wat in Middlesex County, New Jersey, Verenigde State geleë is. Dit is geleë 5 myl (8 kilometer) noordoos van New Brunswick, 19 myl (31 kilometer) suidwes van Newark, 26 myl (42 kilometer) suidwes van Jersey City, en 33 myl (53 kilometer) suidwes van Manhattan, wat alles deel vorm van die New York metropolitaanse area. Metuchen word omring deur Edison. Volgens die 2010 sensus van die Verenigde State was die borough se bevolking 13,574 siele, welke 'n verhoging van 734 (+5.7%) reflekteer van die 12,840 siele wat tydens die sensus van 2000 getel is, wat op sy beurt verhoog het met 36 (+0.3%) van die 12,804 siele wat tydens die sensus in 1990 getel is.Table 7. Population for the Counties and Municipalities in New Jersey: 1990, 2000 and 2010 , New Jersey Department of Labor and Workforce Development, Februarie 2011. Besoek op 23 November 2012.
Metuchen is geïnkorporeer as 'n borough (kragtens 'n wet van die New Jersey-wetgewer op 20 Maart 1900) uit gedeeltes van Raritan Township (nou bekend as Edison).Snyder, John P. The Story of New Jersey's Civil Boundaries: 1606-1968, Bureau of Geology and Topography; Trenton, New Jersey; 1969. p. 170. Besoek op 5 Mei 2012.
Geskiedenis duimnael|regs|350px|Uitsig van die treinstasie in 1911 Die vroegste inwoners van die gebied was groepe van die inheemse Lenape mense wat in die omgewing gewoon het. In 1646 was opperhoof Matouchin deel van 'n groep wat 1200 krygers ingesluit het. History of Metuchen, Federal Writers' Project of the Works Project Administration, 1941. Besoek op 3 Desember 2019. "Die plaaslike inboorlinge was ongetwyfeld 'n groep van die Raritan wat tot die Unami-stam behoort het. Philhower, 'n kenner van die Indiane van New Jersey, beskryf hulle as 'beskeie, goed geboude mense, met swart hare en 'n donker, koper kleur' wat die Lenape-dialek gepraat het. In 1646 het die stam uit 1200 krygers en twintig hoofmanne bestaan, waarin onder meer, volgens tradisie, Matouchin, hoof van die Indiane in die afdeling, gevind kon word."
Tot 1870 was die huidige Metuchen deel van Woodbridge Township. Omdat die setlaars in die westelike deel van die nedersetting so ver verwyderd was van die hoof-nedersetting van Woodbridge het hulle vroeg reeds 'n aparte identiteit ontwikkel. Die naam "Metuchen" het die eerste keer in 1688/1689 verskyn. Die naam is afgelei van die naam van 'n inheemse Amerikaanse opperhoof, bekend as Matouchin of Matochshegan. Cheslow, Jerry. "If You're Thinking of Living in: Metuchen", The New York Times, 5 Augustus 1990. Besoek op 6 April 2015. "Metuchen is vernoem na die Indiaanse Raritan hoofman Matouchin, wat in die laat 17de eeu in die omgewing gewoon het. Metuchen is een van die oudste nedersettings in New Jersey. Titelaktes in die omgewing dateer uit die 1680's, toe dit deel van Woodbridge Township was, wat deur Lord Carteret in 1688 geoktrooieer is. " Hutchinson, Viola L. The Origin of New Jersey Place Names, New Jersey Public Library Commission, Mei 1945. Besoek op 5 September 2015.Gannett, Henry. The Origin of Certain Place Names in the United States, p. 21. United States Government Printing Office, 1905. Besoek op 5 September 2015. In 1701 is 'n toesighouer van paaie aangestel vir "Metuchen distrik". In 1705 is Main Street gelyklopend aangelê saam met die pad van Metuchen na Woodbridge.
Tussen 1717 en 1730 is 'n huis gebou vir vergaderings op weeksdae wat deur die predikant van die Woodbridge Presbiteriaanse Kerk gehou is. In 1756 het die Metuchen Presbiteriane daarin om hul eie gemeente te stig, wat getuig het van hul groeiende getal. In 1770 het die gemeentes saamgesmelt, met Metuchen wat 2/5 van die predikant se dienste ontvang het en Woodbridge wat 3/5 ontvang het; Teen 1772 het Metuchen genoegsaam gegroei om die helfte van sy tyd te regverdig. In 1793 het die twee kerke weer geskei.
Van die laat 18de tot die vroeë 19de eeu het Metuchen min gegroei. 'n Kaart van 1799 toon tien geboue in die middedorp langs Mainstreet. Teen 1834 kon 'n presbiteriaanse kerk, 'n winkel, twee tavernes en ongeveer 'n dosyn wonings gevind word. Dit wou voorkom asof die opening van die Middlesex en Essex Turnpike in 1806, en die Perth Amboy en Bound Brook Turnpike in 1808, groei nie in 'n noemenswaardige mate aangespoor het nie. Eers aan die begin van die spoorweg-era het kommersiële en residensiële ontwikkeling toegeneem.
In 1836 is die New Jersey treinspoor na New Brunswick voltooi. Next Stop Metuchen: Three Railroads Shape a Crossroads Community , RichardGrubb.com. Besoek op 6 April 2015. Die konstruksie van 'n stasie in Main Street het dit onvermydelik gemaak dat dit as die hoofstraat sou ontwikkel. 'n Sake afdeling het gou tussen Middlesex Avenue en die treinspoor verskyn, en handels- en diensondernemings het geleidelik 'n meer moderne aspek begin aanneem (die tipiese 18de-eeuse taverne is byvoorbeeld vervang deur die ewe tipiese 19de-eeuse hotel).
Die tweede helfte van die 19de eeu was 'n tydperk van maatskaplike, kulturele en godsdienstige diversifikasie in Metuchen. Tussen 1859 en 1866 is die Gereformeerde Kerk georganiseer, die eerste Katolieke mis gehou, en die St. Luke's Episcopal Church gestig. In 1870 is beide die Building and Loan Association en die biblioteek geopen, dieselfde jaar dat Raritan Township geïnkorporeer is. As die grootste dorp in die nuwe township, het Metuchen natuurlik die kommersiële en kulturele sentrum daarvan geword en aansienlike politieke beheer begin verkry.
In 1879 is die letterkundige- en debatsvereniging gestig en in 1883 die Village Improvement Society. Teen 1882 het Metuchen School 256 ingeskrewe leerlinge gehad en teen 1885 het die New Jersey Gazette 37 ondernemings gelys.
Die dekade van die 1890's was 'n tydperk van uitbreiding vir openbare dienste. In 1894 is 'n telegraafdiens begin en in 1897 is 'n telefoondiens begin deur die N.Y. and N.J Telephone Company. In dieselfde jaar het die Midland Water Company in werking getree en brandkrane begin voorsien vir "nuutgestigte" vrywilliger brandweerdienste. In 1899 is 'n nuwe straatbeligtingstelsel geïnstalleer. Omstreeks dieselfde tyd is 'n fietsry organisasie gestig, by name die Metuchen Wheelmen, wat hom beywer het vir verbeterde paaie. Verder het die handel in so 'n mate gegroei dat die New Brunswick Directory in 1899 91 ondernemings gelys het.
Metuchen het gedurende hierdie tyd 'n toeloop van kunstenaars, letterkundige figure en bekende intellektuele gehad, en sodoende die bynaam "the Brainy Boro" gekry. Spies, Stacy E. "Images of America: Metuchen", besoek via Google Books, 26 Mei 2008. Een van die twee poskantore van die stad word Brainy Boro Station genoem.
Die nuwe eeu het begin met die inkorporasie van die borough, in 1900.
Op 19 November 1981 het Metuchen die setel van die pasgestigte Rooms-Katolieke bisdom van Metuchen geword. Die bisdom behels, met meer as 500 000 katolieke, Hunterdon County, Middlesex County, Somerset County en Warren County . A Short History of St. Francis of Assisi Cathedral Parish , Roman Catholic Diocese of Metuchen. Besoek op 26 Mei 2008. "On November 19, 1981, Pope John Paul II established the Diocese of Metuchen, naming Auxiliary Bishop Theodore McCarrick of New York as its first Bishop."
Noemenswaardige mense Mense wat gebore is in Metuchen, of inwoners daarvan was, of andersins geassosieer word daarmee sluit in: Marqus Blakely (gebore in 1988), tweemalige basketbalspeler van die jaar vir Amerika-Oos, wenner van die slam dunk kompetisie in 2010.Staff. "Metuchen's Marqus Blakely carries success to Vermont, NCAA Tournament", The Star-Ledger, 18 Maart 2010. Besoek op 23 Januarie 2011. Charles Brown (1946–2004), akteur. Henry T. Brown (1932–2020), chemiese ingenieur wat die eerste Afro-Amerikaner in die regering van die borough was."Henry T. Brown", The History Makers. Besoek op 22 Mei 2020. "In 1967 het Brown na Metuchen, New Jersey verhuis om as 'n ontwikkelingsingenieur vir die Squibb Instituut vir Mediese Navorsing te werk." Barbara Buono (gebore in 1953), New Jersey senator.Barbara Buono profile , New Jersey Wetgewer. Besoek op 7 April 2007. "Public/Party Service: Metuchen Town Council 1993-94". John Ciardi (1916–1986), digter en vertaler.Boorstin, Robert O. "John Ciardi, Poet, Essayist And Translator, 69", The New York Times, 2 April 1986. Besoek op 28 Julie 2013. "Mr. Ciardi, who made his home in Metuchen, N.J., was 69 years old." David Copperfield (gebore in 1956), kulkunstenaar.Witchel, Alex. "A Maestro of the Magic Arts Returns to His Roots", The New York Times, 24 November 1996. Besoek op 28 Julie 2013. "David Seth Kotkin Was Born In Metuchen, N.J., 40 years ago; David Copperfield was born when David Kotkin turned 18, at the suggestion of the wife of a New York Post reporter. Which is why his passport reads David Kotkin, a k a David Copperfield.""The life by David Copperfield", Accessed November 21, 2006. Scott Cowen (gebore in 1946), president van Tulane-universiteit.Staff. "Le Grand Executif: Scott Cowen, president of Tulane University", New Orleans CityBusiness, 25 Oktober 2004. Besoek op 23 Januarie 2011. Paula Danziger (1944-2004), skrywer van kinderboeke wat meer as 30 boeke geskryf het, insluitende haar 1974 debuutroman vir jong volwassenes getiteld The Cat Ate My Gymsuit.Woo, Elaine. "Paula Danziger, 59; Wrote Novels for Teens", Los Angeles Times, 10 Julie 2004. Besoek op 19 Februarie 2018. "Born in Washington, D.C., and raised in Metuchen, N.J., Danziger was the daughter of a garment worker and a nurse who often told interviewers that she grew up in an unhappy family and turned to books 'to escape all the yelling.'" Bernard J. Dwyer (1921-1998, klas van 1938), politikus van New Jersey wat van 1981 tot 1993 in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers gedien het.Staff. "B. J. Dwyer, New Jersey Congressman, 77", The New York Times, 5 November 1998. Besoek op 4 Augustus 2019. "Bernard James Dwyer, a former Representative from New Jersey, died Saturday in Edison, N.J., at the John F. Kennedy Medical Center, which he had served as a trustee. He was 77 and, a longtime Edison resident, had lived in Metuchen, N.J., for the last few years." Gail Fisher (1935-2000), eerste swart aktrise om 'n Emmy-toekenning te wen.Tufaro, Greg. "Metuchen High School Hall of Fame inductees honored at reception", Courier News, 20 November 2015. Besoek op 9 Januarie 2017. James Florio (gebore in 1937), Goewerneur van New Jersey van 1990 tot 1994.Jacobs, Andrew. "Primary In New Jersey: The Loser; For Florio, His Days as the 'Comeback Kid' May Be Over", The New York Times, 8 Junie 2000. Besoek op 5 Mei 2012. "Mr. Florio, who lost the race, 42 percent to 58 percent, spent the day with his wife, Lucinda, in their home in Metuchen." Mary Eleanor Wilkins Freeman (1852–1930), outeur en romansier.Chapter 6: Mary Eleanor Wilkins Freeman (1852-1930) , besoek op 8 April 2007. "Freeman did eventually marry Charles, on New Year's Day, 1902, and they made their home in Metuchen, New Jersey." Samuel L. Greitzer (1905–1988), wiskundige wat die eerste voorsitter was van die Wiskundige Olimpiade van die Verenigde State.Klamkin, Murray S., "The Olympiad Corner", Crux Mathematicorum, 5 (3): p. 62–69 (Maart 1979). Besoek op 22 Mei 2016. "Professor S.L. Greitzer, Chairman, U.S.A. Mathematical Olympiad Committee, 350-A Lafayette Road, Metuchen, New Jersey 08840." Robert Hegyes (1951–2012), akteur wat die karakter "Epstein" in die TV reeks uit the 1970's, Welcome Back, Kotter, gespeel het.Jordan, Chris. "Metuchen native enjoying Welcome Back, Kotter anniversary", Courier News (New Jersey), April 16, 2011. Besoek op 27 Junie 2011. "Welcome back, Robert Hegyes. The Metuchen native, who played Epstein on Welcome Back, Kotter, is enjoying new acclaim as the show marks its 35th anniversary."