Die Selati-wildreservaat is 'n beskermde natuurgebied tussen Gravelotte en Phalaborwa, in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die reservaat het 'n oppervlakte van ongeveer 30 000 ha en die Selatirivier vloei deur die park.

Wildlewe Wildspesies in die natuurreservaat sluit leeus, olifante, luiperds, jagluiperds, wildehonde, gevlekte hiënas, buffels en baie boksoorte in.

Sien ook Beskermde gebiede van Suid-Afrika

Kategorie:Natuurreservate in Limpopo