Emily in Paris is 'n Amerikaanse televisiereeks wat deur Darren Star geskep is en op 2 Oktober 2020 op Netflix gepremière het. Die hoofkarakter, Emily, word vertolk deur Lily Collins. Emily is 'n Amerikaanse vrou van die Midde-Weste wat na Parys verhuis vir werk en 'n kultuurbotsing ervaar. Ander akteurs in die reeks sluit in Ashley Park, Philippine Leroy-Beaulieu, Lucas Bravo, Samuel Arnold, Camille Razat, en Bruno Gouery.
Rolverdeling Hoof Lily Collins as Emily Cooper, 'n Amerikaner in haar twintigs wat van Chicago na Parys verhuis vir 'n sosialemediastrategie vir haar werk Philippine Leroy-Beaulieu as Sylvie, Emily se Franse baas in Parys Ashley Park as Mindy Chen, Emily se eerste vriendin in Parys en 'n kinderoppasser Lucas Bravo as Gabriel, 'n sjef en Emily se buurman en liefdesbelangstelling Samuel Arnold as Julien, Emily se kollega Bruno Gouery as Luc, Emily se kollega Camille Razat as Camille, Emily se nuwe vriendin en Gabriel se meisie/eksmeisie
Herhalend Kate Walsh as Madeline Wheeler, Emily se Amerikaanse baas in Chicago William Abadie as Antoine Lambert, Emily se kliënt wat die parfuummaatskappy Maison Lavaux besit en 'n affair het met Sylvie Arnaud Viard as Paul Brossard, die eienaar van Savoir
Kategorie:Amerikaanse televisiereekse